Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Google Chrome, portale en poedels

Aan die einde van Oktober het Google aangekondig dat hulle beoog om terug te val na weergawe 3 van die SSL-protokol in Chrome 39 en dat SSL heeltemal verwyder sal word in Chrome 40. Die rede hiervoor is  dat die gebruik van SSL in hierdie Chrome-weergawes `n moontlike sekuriteitsrisiko bied. Die risiko het is intussen gedoop as POODLE (Padding Oracle On Downgraded Legacy Encryption)

Wat beteken dit in gewone taal?

Daar bestaan US-webbladsye wat op die Oracle-infrastruktuur gebou is en van die SSL-protokol gebruikmaak. Die gevolg is dat, indien jy Google Chrome as jou daaglikse blaaier gebruik, jy gaan sukkel om toegang tot sekere inligting te kry. As jy dus na my.sun.ac.za gaan en van daar probeer uitkom by SUN-e-HR, Eksamenuitslae, Etebesprekings, ens,  gaan jy dalk onsuksesvol wees.

Indien jy Firefox of Internet Explorer gebruik, kan jy steeds by al die nodige inligting uitkom. Alternatiewelik kan jy ook m.sun.ac.za  gebruik vir sekere funksies. Hierdie is egter net `n tydelike probleem.

Informasietegnologie beoog om die naweek `n opgradering te doen wat die Chrome-probleem sal omseil. Dit sal egter beteken dat sekere dienste tydelik vanaf Saterdag, 6 Desember 2014,  om 12:00, sowel as Sondag, 7 Desember, nie beskikbaar sal wees nie.

Hierdie dienste sluit alle portaaltoepassings, my.sun.ac.za, Sun-e-HR, ens. in. Aangesien OIC af is gedurende dié tydperk sal geen betalings gedoen kan word nie en laastens sal die funksie om wagwoorde te verander ook nie beskikbaar wees nie.

Ons hoop egter om so gou moontlik die opdatering te voltooi en `n beter platform vir gebruikers te bied wanneer dit voltooi is.

Vir enige navrae, stuur asb. e-pos aan helpinfo@sun.ac.za of skakel x4367.

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.