Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Tydelike oponthoud met netwerkinfrastruktuur-projekte

Weens `n tekort aan mannekrag in die netwerkinfrastruktuurspan, het IT nie tans voldoende kapasiteit om netwerkinfrastruktuur projekte, sowel as algemene KKW-versoeke, spesifiek KKWs vir netwerkpunte, te hanteer nie. 

Op die oomblik is die hooffokus op Fasiliteitsbestuur-projekte, eerder as individuele KKWs aangesien dit die grootste finansiële impak op die werkverrigting binne die US sal hê. In geval van dringende KKWs sal die netwerkspan hul beste poging aanwend of ondersoek instel of `n tydelike oplossing intussen gebied kan word met, byvoorbeeld, `n WiFi-konneksie.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoeë doen om die huidige situasie te probeer verbeter. Intussen waardeer ons al ons kliënte se geduld in hierdie tyd.

Meer inligting oor netwerkinfrastruktuur dienste wat IT bied, kan op die IT Dienskatalogus gevind word.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.