Ons opleidingdiensverskaffer, StellieTech, bied tans ’n 3-dag Digitale Geletterdheidskursus aan. Die kursus is gratis vir US-personeel, maar sitplekke is beperk, so jy moet spring as jy belangstel. (sien onder vir meer detail oor inhoud, vereistes, ens,)
Die kursus is gratis vir US-personeel, maar sitplekke is beperk, so jy moet spring as jy belangstel.
Om te registreer, gaan na Sun e hr-> SUN Employee Self service-> Training and Development-> Learner Home-> Information Technology en die kursus sal daar gelys wees.
Tydsduur: 3 dae
Aanbevole vereistes: Basiese rekenaarvaardighede
Bewys van opleiding: StellieTech Voltooiingsertifikaat
Eksaminering: Gegradeerde pre- en -post bepalings tussen lesse.
Oorsig: Hierdie kursus poog om leerders toe te rus met die kennis en waardering vir die besigheidsomgewing en om hulle te bemagtig om doeltreffend en effektief in die kantoor op te tree.
Kursusdoelwitte:
· Verkry insig t.o.v. die internet en hoe om hierdie vaardighede in die werkplek te gebruik.
· Leer om ’n effektiewe assistent te wees deur tegnologie te gebruik om produktiwiteit te verbeter.
· Rekenaaropleiding en basiese take is nodig om gesertifiseer te word as ’n rekenaargebruiker.
Kursusoorsig
Sessie 1: Werk met die Internet
- Internet
- Navigasie en mediageletterdheid
- Webblaaier-funksionaliteit
- Regte en gebruik
- E-pos kliënte
- Kalenders
- Kommunikasiemetodes
- Digitale burgerskap
Session 2: Fundamentele aspekte
- Appararatuur
- Basiese Internet
- Mobiele toestelle
- Programmatuur-argitektuur
- Lêer en -programmatuurbestuur
- Foutbepaling