Ons is altyd op soek na meer tyd en wil alles vinniger doen. Om vinniger iets op die internet op te spoor is een opsie.
Hier is `n paar slim idees om seker te maak jy kry die beste spoed moontlik uit jou webblaaier se funksionaliteit.
1. Gebruik `n vinnige webblaaier
Redelik voor die hand liggend is dit nie? In ons vorige artikel oor die verskeie webblaaiers het ons vinnig gekyk na spoed en hoe blaaiers vergelyk. Julle weet dus al teen die tyd dat sommiges vinniger as ander is. Google Chrome is tans voor as dit by spoed kom.
2. Deaktiveer Flash
Daar is geweldig baie Flash webwerwe op die internet en alhoewel dit redelik indrukwekkend lyk, maak dit jou vermoeë om vinnig te blaai aansienlik moeiliker.
As spoed vir jou belangrik is, sit eerder Flash af onder jou webblaaier verstellings en aktiveer dit as jy regtig die Flash animasie wil sien. Met sommige blaaiers het jy addisionele applikasies nodig soos Flashblock, maar Internet Explorer het `n ingeboude opsie onder “Tools” hiervoor.
3. Raak ontslae van jou nutsbalke (“toolbars”)
Hoe meer nutsbalke jy versamel in jou webblaaier, hoe stadig gaan jou internet wees. So eenvoudig soos dit. En het jy regtig alles nodig? Sommiges gebruik geheue terwyl ander stilweg jou bandwydte opvreet deur data te stuur en ontvang in die agtergrond. (en jy het gedink hulle sit net daar en niks doen nie.)
5. Gebruik oortjies (“tabs”) in plaas van nuwe vensters
Te veel oortjies kan verwarrend raak, maar hulle is steeds die beste opsie om jou webblaaier so doeltreffend moontlik te maak. So hoe help dit? Met meer as een oortjie in een venster, is dit baie vinniger en makliker om die bladsy waaraan jy wil werk, te sien. Jy hoef nie `n ander venster groter te maak, besef dit die verkeerde een, `n ander een oop te maak en voort te sukkel nie.
Webblaaiers soos Chrome hanteer ook elke oortjie soos `n aparte proses. So wanneer `n webwerf een oortjie laat toegaan, verloor jy net daardie een webwerf, nie almal waaraan jy gewerk het nie.
SOURCE: http://www.techrepublic.com/
Tags: webblaaier, Firefox, Google Chrome, internet, Internet Explorer, oortjies, toolbars
Hi Nico,
laat weet asseblief vir ons watter webblaaier jy gebruik en dan kan ons jou probeer help.
Ek kry nie die manier om Flash te stop nie. Weet ook nie hoe om toolbars weg te kry nie…..