Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

US-netwerk tel spoed op

Dis nie net Lance Armstrong wat vinniger geword oor die afgelope paar jaar nie. Die US-netwerk het ook die afgelope paar maande begin spoed optel. Gelukkig het ons nie twyfelagtige aktiwiteite om te verklaar nie.

Sedert verlede jaar is daar beplan om alle akademiese geboue en koshuise se veselkoppelinge na die IT “core”, waar alles bymekaar kom, op te gradeer. Die grootste gedeelte van geboue op kampus was tot onlangs nog bekabel met verouderde bekabeling. As gevolg hiervan was netwerkverbindings soms stadig en kon nie die groeiende kapasiteit en behoeftes van gebruikers hanteer nie.

Daar is gevolglik besluit om so spoedig moontlik alle geboue te standardiseer en op te gradeer vanaf 1Gbit per sekonde na 10Gbit per sekonde bandwydte. Hierdie projek vorm deel uit van die groter plan om die US-netwerk van voldoende bandwydte te voorsien sodat die groeiende akademiese behoeftes vervul kan word. Na die opgradering sal die universiteit gereed wees vir die applikasies en dienste van die toekoms wat potensieël hoë bandwydte benodig om optimaal te funksioneer.

Dertien akademiese geboue en sewe koshuise is reeds opgegradeer na die nuwe spoed bekabeling. Die res van die geboue en koshuise op kampus word oor die volgende paar maande aangepak. Opgraderings word so ver moontlik oor middagetes of na-ure geimplementeer en departemente sal vroegtydig in kennis gestel word indien enige aftyd mag voorkom.

One Response to “US-netwerk tel spoed op”

  1. David Wiles says:

    If the US Network is anything like Lance Armstrong, when will they be interviewed on Oprah and come clean?

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.