Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Moenie vir die gek gehou word deur heraktivering nie

Die eerste April is berug as die dag waarop almal uitgevang word en jy alles met `n knippie sout moet neem. Maar as jy skielik op die derde April geen netwerktoegang  het nie, gaan dit nie `n grappie wees nie. Dis meer waarskynlik dat jy nie betyds heraktiveer het vir netwerktoegang nie.  

Heraktivering  is `n jaarlikse vereiste en `n redelike vinnige en pynlose proses. 

Alle gebruikers ontvang vroegtydig `n e-pos van helpinfo@sun.ac.za met die boodskap dat jou gebruikernaam binnekort gaan verval indien jy nie betyds heraktiveer nie. Om vir jouself onnodige frustrasie te spaar, teken dadelik aan op http://www.sun.ac.za/useradm en selekteer die “Reactivate username for 2013”.

Maak asb seker dat jy die regte opsie selekteer –  heraktivering is nie dieselfde as wagwoordverandering nie. Moenie kliek op “Change password” nie.

Sodra jou aansoek om heraktivering ingedien is, kry die betrokke kostepuntbestuurder ‘n e-pos en kan die aansoek hanteer word. Een epos word daagliks gestuur aan die kostepuntbestuurders. Kostepuntbestuurders teken aan by http://www.sun.ac.za/useradm en selekteer die “Cost Centre Admin”-opsie om aansoeke te sien en goed te keur. 

Maak asb seker dat jou  heraktivering betyds gedoen word aangesien jou kostepuntbestuurder dit nog moet goedkeur voor 30 Maart en jou toegang eers daarna heraktiveer sal word.

Indien jy onkant gevang word op 1 April en nie meer netwerktoegang het, probeer eers die selfhelp opsie by http://www.sun.ac.za/useradm. (jy sal natuurlik iemand anders se rekenaar of een van jou ander toestelle moet gebruik) Selekteer “Reactivate Expired Username” en jou gebruikersnaam en ID-nommer sal versoek word om te bevestig dis jy.

Jy kan ook die IT Dienstoonbank kontak, maar ongelukkig is dit ook een van die Dienstoonbank se besigste dae juis om hierdie rede en mag jy dalk geduldig moet wees en lank wag. 

Ons het `n paar FAQ’s saamgestel wat hopelik die meeste vrae sal beantwoord (sien onder) en enige addisionele navrae kan per epos gerig word aan help@sun.ac.za

FAQ’S

 1. Hoekom moet jaarlikse  heraktivering gedoen moet word?
Om toegang tot netwerkdienste te verseker

2. Tot watter IT-dienste gee  heraktivering toegang?
Persoonlike netwerkspasie (H-skyf), departementele deelspasie (G-skyf), epos, internet

3. Wat is die koste verbonde aan  heraktivering?
R177-00

4. Word die verskillende netwerkdienste se kostes apart gehef?
Nee, maar let wel internetgebruik word gehef soos dit genereer word.

5. Wat is die prosedure wat gevolg moet word om te  heraktiveer?
Teken aan by http://www.sun.ac.za/useradm en selekteer “Reactivate username for 2013”, vergewis jouself van die inhoud van die EKB, selekteer die netwerkdienste wat u benodig, maak seker dat die korrekte kostepunt op die skerm is, en kliek op “Submit”.

6. Wat is die EKB en moet ek die inhoud lees en verstaan voordat ek heraktiveer?
Die Elektroniese Kommunikasiebeleid bevat belangrike inligting insake personeellid se verantwoordelikheid wanneer hy/sy die US-netwerkdienste gebruik en dis noodsaaklik dat jy die eers deurlees en aanvaar voordat jy herregistreer.

7. Kan kostepunte gewysig word tydens die heraktiveringsproses?
Ja, veranderinge kan aangebring word tydens die registrasieproses.

8. Wanneer verval my netwerktoegang?
30 Maart 2013

9. Ek kry nie heraktiveer nie. Wat nou?
Stuur epos aan help@sun.ac.za met `n verduideliking van jou probleem

10. Watter proses word volg as ek die aansoek vir heraktivering afgehandel het?
Kostepuntbestuurder ontvang `n e-pos met die versoek en verwerk die versoeke.

11. Moet voorgraadse studente ook heraktiveer?
Nee. Daar is wel uitsonderings as voorgraadse studente rolle by MHB het

12. Kan nagraadse Magister en Doktorale studente heraktiveer indien hulle by departemente werksaam is en rolle by MBH het?
Ja.

13. Wat is die kostepuntbestuurder se verantwoordelikheid?
Kostepuntbestuurders moet gereeld aanteken by http://www.sun.ac.za/useradm en die “Cost Centre Admin”-opsie gebruik om aansoeke deur te gaan en te verwerk.

14. Wat gebeur as die kostepuntbestuurder nie beskikbaar is om aansoeke vir heraktivering goed te keur nie?
‘n Ander kostepuntbestuurder kan tydelik aangewys word deur die verantwoordelike persoon vir die kostepunt. 

15. Hoe weet ‘n kostepuntbestuurder dat daar aansoeke is wat goedgekeur moet word?
Kostepuntbestuurders kry een keer per dag ‘n e-pos, of die kostepuntbestuurder kan aanteken by http://www.sun.ac.za/useradm en die “Cost Centre Admin”-opsie selekteer.

16. Wat is die verskil tussen ‘n kostepuntbestuurder en die persoon wat verantwoordelik is vir ‘n kostepunt (volgens die finansiële stelsel)?
Die verantwoordelike persoon vir ‘n kostepunt, (volgens die finansiële stelsel), en die kostepuntbestuurder kan beide aansoeke vir SU netwerkdienste hanteer. 

17. Hoe word personeel op hoogte gehou van hulle aansoeke vir heraktivering?
Eposse word gestuur vanaf helpinfo@sun.ac.za om personeel te herinner aan die jaarlikse heraktivering-sperdatums.

18.  Dis 1 April 2013 en ek het nog nie herregistreer nie. Kan ek nog heraktivering?
Teken aan by http://www.sun.ac.za/useradm en selekteer “Reactivate Expired Username”. Let wel: Die aansoek moet eers deur ‘n verantwoordelike kostepuntbestuurder hanteer word voordat toegang aktiveer sal word.

19. Wie kan ek bel om uit te vind of my heraktiveringsaansoek suksesvol was?
Jou kostepuntbestuurder

20. Wat moet ek doen as die kostepuntbestuurder my aansoek afkeur?
Teken weer aan by http://www.sun.ac.za/useradm en selekteer die “Reactivate username for 2013”-opsie, maar maak seker wat die korrekte kostepunt is.

INLIGTING VERSKAF DEUR PETRO UYS

 

 

2 Responses to “Moenie vir die gek gehou word deur heraktivering nie”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Pensioenarisse kan aanlyn heraktiveer deur aan te teken op die portaal en die skakel te volg wat beskikbaar is.
    Hulle kan hulle kredietkaarte gebruik vir betaling Die bedrag vir 2013 is R235-00

  2. Magda says:

    Hoe gemaak met herregistrasie as mens van ‘n personeellid na ‘n pensioenaris verander op 31 Maart en jy nog steeds jou SUN eposadres wil behou?

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.