Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

E-pos

(English) Phishing scam about reaching your mailbox storage limit

Dinsdag, Maart 6th, 2018

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Nuwe e-pos banier geïmplementeer

Woensdag, Februarie 28th, 2018

Vanaf 1 Maart 2018 sal Korporatiewe Kommunikasie ʼn Wees Water Slim banier implementeer (sien die voorbeeld onder).

Die doel van die banier is om bewustheid te skep onder studente en personeel rondom die huidige waterkrisis in die Wes-Kaap. Dit sal outomaties bygevoeg word onderaan alle e-posse vanaf  ʼn @sun rekening en sal direk onder die standaard US e-poshandtekening verskyn. Die banier sal ook ʼn skakel bevat wat die leser deurneem na `n webblad met meer inligting oor die waterkrisis.

Die banier sal ook in die toekoms gebruik word om bewustheid te kweek van verskeie ander kwessies wat die universiteit beïnvloed. 

Neem asseblief kennis dat, indien jy jou e-posse digitaal sertifiseer, die ontvanger van jou e-posse die aanhangsel wat saamgestuur word, sal moet oopmaak om die e-pos se inhoud te lees.

Daarbenewens mag dit gebeur dat die banier nie noodwendig vertoon in Outlook nie. Dit gebeur a.g.v. Outlook se sekuriteitsmaatreëls. Om die banier te sien, regskliek slegs op die “gebreekte” banier en die grafika sal laai. 

Navrae oor die inhoud en formaat van die bannier kan gestuur word na ecomms@sun.ac.za.

Pensioenarisse: Heraktivering van elektroniese dienste

Dinsdag, Februarie 27th, 2018

Alle gebruikers van die US-netwerk moet jaarliks heraktiveer vir netwerkgebruik (e-pos, internet, ens.) Ook pensioenarisse wat steeds US-dienste gebruik moet deur die proses gaan om te verseker dat hulle steeds e-pos toegang het.

Die afgelope paar weke het gebruikers e-pos kennisgewings ontvang van helpinfo@sun.ac.za wat aandui dat hul gebruikersnaam gaan verval. Drie waarskuwings e-posse word normaalweg versend voor die afsnydatum op 1 April. Omdat sommige pensioenarisse hulle toegang self betaal en nie deur ʼn departementele kostepunt nie, verskil die betalingsmetodes. U kan op die volgende maniere u elektroniese toegang betaal:

EFT
Betaling van R345-00 d.m.v. EFT. Om die EFT-betaling te doen, moet Universiteit Stellenbosch as ʼn begunstigde op u internetbankdienste bygevoeg word. Kontak ons asb. vir die bankbesonderhede. 

Kassiere by Admin
Kassiere by Admin A op Stellenbosch-kampus of op Tygerberg-kampus kan gebruik word.

Pensioenarisse betaal R345-00 by die kassiere met kwitansietipe 1107 (netwerkregistrasie)
Die US-nommer word ook benodig.

Vir enige navrae of terugvoer, kontak gerus die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of help@sun.ac.za

(English) Phishing: PSG “Your profile details will expire”

Maandag, Januarie 22nd, 2018

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Wees kuberbewus gedurende die vakansietydperk

Woensdag, Desember 20th, 2017

Dis uiteindelik tyd vir ons almal om ʼn welverdiende ruskans te neem en tyd saam met familie en vriende te spandeer. Vanaf 22 Desember om 12:00 tot 1 Januarie sal die Informasietegnologie-kantore gesluit wees en geen gebruikersondersteuning verskaf word nie.

Die slegte nuus is egter dat, hoewel ons met vakansie is, dit nie beteken dat opportuniste, kuberkriminele en swendelaars ook `n ruskansie gaan neem nie. Inteendeel, dis nou die ideale tyd vir hulle om jou swaarverdiende geld in die hande te probeer kry.

Wees daarom veral gedurende die vakansietyd ekstra versigtig en waaksaam deur hierdie basiese riglyne te volg as jy aanlyn transaksies doen of e-posse ontvang:

  • Ons sal nooit vir jou gebruikersnaam en wagwoord vra nie. Moenie jou gebruikersnaam en/of wagwoord verskaf as jy daarvoor in ʼn e-pos gevra word nie. Dit sal iemand toegang gee tot al jou konfidensiële US-informasie, insluitende jou salarisdetails.
  • Moenie op aanhangsels kliek nie, selfs al is die adres ʼn sun e-posadres. Indien jy onseker is, kontak eers die persoon om te bevestig.
  • Moenie op enige webwerfadresse in e-posse kliek nie. Gaan eerder direk na jou webblaaier en tik die korrekte adres in die adresveld in.
  • Moet nooit enige transaksies op ʼn openbare, onbeskermde WiFi-verbinding doen nie.
  • Indien jy onseker is oor die geldigheid van ʼn e-pos, kontak die instelling of persoon wat dit gestuur het direk per telefoon.

Vir enige navrae, stuur e-pos aan help@sun.ac.za of skakel die Dienstoonbank by 808 4367. Meer inligting oor kubersekuriteit kan verkry word op ons blog of Twitter-rekening.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.