Het jy al ooit gewonder hoe anders `n fliek sou wees as die karakters net eenvoudig hul selfone gebruik het soos gewone mense?
YouTube-kanaal CollegeHumour wys ons die moontlikhede.
Het jy al ooit gewonder hoe anders `n fliek sou wees as die karakters net eenvoudig hul selfone gebruik het soos gewone mense?
YouTube-kanaal CollegeHumour wys ons die moontlikhede.
Windows XP se tyd het ongelukkig begin uitloop en Microsoft het vroeër die jaar aangekondig dat dit nie meer ondersteun sal word nie.
Maar om die punt nog beter te bewys het die YouTube-kanaal College Humour `n insetsel gemaak om te wys wat sou gebeur as die Matrix Windows as bedryfstelsel sou gebruik. So, as jy nog onseker was oor `n opgradering na Windows 7, dalk is hierdie `n goeie motivering?
Die IT Crowd is `n Britse sitkom, geskryf deur Graham Linehan en vervaardig deur Ash Atalla met akteurs Chris O’Dowd, Richard Ayoade, Katherine Parkinson en Matt Berry. Die reeks speel af in `n fiktiewe Londen-kantoor van die Reynholm-maatskappy en meer spesifiek hul IT-afdeling.
Jy kan meer lees oor dié aweregste komedie op wikipedia. Intussen, hier is `n skets oor `n minder aangename hulplyn-ondervinding.
Pearls Before Swine is `n Amerikaanse strokiesprent geskryf en geillustreer deur Stephan Pastis, voorheen `n prokureur van Kalifornië. Dit dokumenteer die daaglikse lewe van vier antropomorfiese diere, Pig, Rat, Zebra, en Goat, sowel as `n paar ander ondersteunende karakters. Volgens Pastis verteenwoordig elke karakter `n eienskap van sy eie persoonlikheid en blik op die wêreld.” (BRON: Wikipedia)
© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.