Bestaan `n groot gedeelte van jou dag daaruit om projekte te bestuur en te sorg dat alles glad verloop? Of jy nou amptelik `n projekbestuurder is of nou betrokke is by verskeie van jou afdeling se projekte, MS Project kan moontlik jou dagtaak vergemaklik.
Microsoft Project (MSP, MSOP of WinProj) is `n projekbestuur sagteware program, ontwikkel en verkoop deur Microsoft. Die sagteware is ontwerp om projekbestuurders te help om `n plan te ontwikkel, hulpbronne toe te ken aan take, vordering te volg, begrotings te bestuur en werksladings te analiseer. (BRON: Wikipedia) Informasietegnologie bied gratis MS Project 2010 Vlak 1 en ook 2 kursusse aan. Maar jy sal gou moet spring!
Daar is nog net twee datums beskikbaar:
Microsoft Project Level 1: Stellenbosch – 19 & 20 Maart
Microsoft Project Level 2: Stellenbosch – 8 & 9 April
KURSUSINLIGTING |
|
MS Project Level 1 |
Getting started with Microsoft Project Creating a Project Plan Managing Tasks in a Project Plan Managing Resources in a Project Plan Finalising a project Plan |
Ms Project Level 2 |
Exchanging Project Plan Data with Other Applications Updating a Project Plan Managing Project Costs Reporting Project Data Visually Reusing Project Plan Information
|
Stuur dus asseblief vir ons e-pos by itkursus@sun.ac.za indien jy enige verdere inligting benodig. Inskrywing kan aanlyn gedoen word deur aan te teken op die personeelportaal en die SUN-e-HR opsie te selekteer. Sien ook IT se selfhelp-wiki vir meer besonderhede.