Alle gebruikers van die US-netwerk moet jaarliks heraktiveer vir netwerkgebruik (e-pos, internet, ens.) Ook pensioenarisse wat steeds US-dienste gebruik moet deur die proses gaan om te verseker dat hulle steeds e-pos toegang het.
Die afgelope paar weke het gebruikers e-pos kennisgewings ontvang van helpinfo@sun.ac.za wat aandui dat hul gebruikersnaam gaan verval. Drie waarskuwings e-posse word normaalweg versend voor die afsnydatum op 1 April. Omdat sommige pensioenarisse hulle toegang self betaal en nie deur ʼn departementele kostepunt nie, verskil die betalingsmetodes. U kan op die volgende maniere u elektroniese toegang betaal:
EFT
Betaling van R345-00 d.m.v. EFT. Om die EFT-betaling te doen, moet Universiteit Stellenbosch as ʼn begunstigde op u internetbankdienste bygevoeg word. Kontak ons asb. vir die bankbesonderhede.
Kassiere by Admin
Kassiere by Admin A op Stellenbosch-kampus of op Tygerberg-kampus kan gebruik word.
Pensioenarisse betaal R345-00 by die kassiere met kwitansietipe 1107 (netwerkregistrasie)
Die US-nommer word ook benodig.
Vir enige navrae of terugvoer, kontak gerus die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of help@sun.ac.za