Indien jou werk vereis dat jy op meer as een US-kampus moet werk en `n internetverbinding nodig mag hê, is daar iets wat jy in gedagte moet hou.
Om Wi-Fi te kan gebruik op Stellenbosch, USB of Tygerbergkampus moet jou rekenaar of toestel op al drie kampusse apart geregistreer wees. As jy reeds Wi-Fi op Stellenbosch-kampus gebruik beteken dit nie dat jy outomaties Wi-Fi op al die ander kampusse kan gebruik nie.
Om dus die Secure of MatiesWifi SSIDs elders te gebruik, registreer jou toestel deur die volgende inligting aan help@sun.ac.za te stuur:
- Gebou
- Kamernommer
- US nommer
- Gebruikersnaam
- Batenommer van skootrekenaar of `n beskrywing van die toestel
- Netwerkkaartadres (ook bekend as die MAC-adres)