Graz Universiteit (Oostenryk)

Algemeen:

Internasional Reisiger: Jacomien

Hierdie is ‘n fantastiese somerskool!

Dit is baie uitstekend gereël, soveel tyd en detail is hierin bestee. Mens kry die geleentheid om met mense van letterlik regoor die wêreld te doen te hê. Daar is baie Europeërs, maar ook byvoorbeeld mense van Rusland, Amerika, Kanada, Israel, Hongarye, Romenia, Iran ens. Die diversiteit, verskille, agtergrond en aksente het dit so ‘n interessant gemaak.

In my opinie is die Graz somerskool ’n rolmodel vir Somerskole.

Visa-aansoek (Oostenryk ambassade): Dit het ‘n hele ruk gevat om al die relevante inligting bymekaar te kry, maar by die ambessade self was dit eenvoudig, sonder komplikasies. Hulle het net hier en daar ‘n vraag gevra, maar niks wat intimiderend was nie.
Hoe lank vat dit om ‘n visa uit te ryk? Die Visas word oor die algemeen vinnig uitgereik deur die Oostenrykse ambessade, ek kon myne binne ‘n week gaan haal het.
Koste: Dit kos ongeveer R140 om ‘n afspraak te maak. Hou ‘n kredietkaart byderhand as jy bel, want jy kan nie daarsonder ‘n afspraak maak nie.
Verder kos die visa oneveer R600 (Die somerskool het wel die res van die Visa-kostes gedek wat baie gaaf was).                                                                                                                  Raad: Kry ‘n kredietkaart, indien jy nie reeds een het nie, dit kom regtig handig te pas vir die voorbereidings, maar ook oorsee.
Reisversekering: As jy jou vliegtuigkaartjie met jou kredietkaart koop by jou bank (bv. ABSA), kwalifiseer jy outomaties vir reisversekering. Ek moes net ‘n die ‚Top up‘ bykoop vir R260. Dit is werklik ‚n goeie prys in verelyking met ander reisagente se reisversekering wat by ongeveer R800 begin.

Somerskool-administrasie: Die somerskool was regtig hulpvaardig, gee hulle net genoeg tyd om te reageer op e-posse as jy ekstra inligting benodig vir jou visa. Ek moes byvoorbeeld ‘n ekstra dokument van hulle ontvang omdat ek vroeer gaan gaan reis het en dit was glad nie ‘n probleem nie. Moet nie huiwer om vir hulp te vra nie, die organiseerders is daar om jou te help en wil dit werklik ‘n goeie ervaring vir elkeen maak.

Verblyf: Shloss Seggau: Ons het in die Schloss (kasteel) Seggau gebly. Dit is ongeveer 40km buite Graz in die dorpie Leibnitz. Die pragtige kasteel is op ‘n heuwel geleë, met ‘n heerlike swembad en volleyball area. Die kasteel word as ‘n hotel bestuur en dus was die verblyf uitstekend, baie meer as wat ek verwag het. Die webwerf van die kasteel self is www.seggau.com. Alhoewel die kasteel nie naby ‘n stad is nie, het ek dit so verkies. Dit het verhoed dat studente te ver weggaan (veral in die aande), maar eerder ‘n klein gemeenskappie vorm wat ryk was van ervarings, kulture en agtergronde.
Kamers: Twee tot drie mense het ‘n kamer gedeel.
Die kamers was op hotelstandaard. Silwerskoon, iemand kom elke in om skoon te maak. Daar was selfs luukshede soos handdoeke, shampoo, seep, ‘n haardroër, televisie en radio (alles in Duits uitgesaai) in elke kamer. Sommige kamers het selfs ‘n yskassie in gehad.

Lewensomstandighede:
1. Kos:
Die somerskool het omtrent na mense omgesien. Hulle het ons behoorlik gevoer met ‘n buffete oggend, middag en aand. Daar is altyd ‘n vegetariër opsie beskikbaar.
Etes sal byvoorbeeld die volgende insluit:
Ontbyt: Meusli, Corn Flakes, jogurt, gedroogde vrugte, vars vrugte
Eiers (gebak, geroer en gekook), spek
Koue vleise, kase, koue groente bv. tamaties, green peppers en komkommer.
Brode, konfyte, nutella, roomkase
Drinkgoed: Lemoensap, koffie, tee
Middagete: Pastagereg, groente, vleis
Slaaie: wortelslaai, beetslaai, pastaslaai, komkommer, tamaties, blare (elkeen apart)
Brood en vars vrugte
Aandete: Vleis, aartappelgereg, groente en/of pastadis
Slaaie (dieselfde as middagete)
Brood en vars vrugte
Nagereg: Vrugteslaai, kaaskoek/ appel strudel/ vanilla room ens.
2. Restaurante: Daar is ‘n kafee in die kasteel waar eet- en drinkgoed bestel kan word, maar waarvoor jy dan self moet betaal (nie dat dit enigsins nodig is nie, maar soms net vir die lekker).
Daar is ‘n klompie Buschenshanks (boskafees) wat ons besoek het. Dit is soos ‘n klein restaurant in ’n huis en daar is heelwat van hulle in die omgewing. Dit het gewissel van 15 tot 40 minute se stap van die kasteel af. Daar is ‘n opsie om ‘n taxi te neem soontoe. Ten die einde van die somerskool het ons verskillendes van tyd tot tyd besoek. Dit is relatief goedkoop vir Europa (ongeveer €10 vir ‘n ordentlike ete, wyn en nagereg)
3. Sosiaal: Daar is ‘n ‘Student Lounge‘ wat elke aand (tot 12h) tot die studente se beskikking was. Studente het nie weggegaan van die kasteel af nie, aangesien daar nie regtig ‘n ander plek in die omgewing is om te besoek nie. Daar was gereëlde sosiale aktiwiteite wat vir vele pret en plesier gesorg het, soos die kareoke aand, fliekaande, uitstappie na Graz en vrye tyd. Ons het byvoorbeeld ‘n groep gemaak wat vir die Saterdagaand Slovenië toe gegaan het en die Sondag (ons afdag) daar spandeer het.
Lewenskoste
Die somerskool sorg basies vir al die noodsaaklikhede (Kos, verlbyf, vervoer na uitstappies en vanaf die treinstasies).

Daar is hier en daar opsionele kostes, byvoorbeeld:
-Wasgoed: €1 per item (Daar was slegs een Maandag in die middel van die somerskool waar wasgeod gewas word)
-Wynproe in die kasteel: €8
-Inkopies (Julie is die maand van uitverkopings en ‘n rand of twee kan hier handig te pas kom)
-Vir sakgeld of ekstra reiskostes: Indien daar van die reisbeurs se geld oor is na jou vliegtuigkaartjie gekoop is, kan jy dit daarvoor gebruik. Kyk gerus vroegtydig na vliegtuigkaartjies, soos by Student Flights (hulle was regtig effektief en hulpvaardig) asook www.travelstart.com. In my geval was daar so R1800 oor wat ek vir treinkaartjies kon gebruik.

‘n Paar van die Kasteel se kafeepryse:
Roomys: €0.90-€3
Koffie: €2.20
Glas wyn: €1.20

Oriënteringsprogram: Die verwelkoming het ‘n aandete behels waar almal voorgestel is. Dit was heel rustig en daar was tyd om mense beter te kon leer ken. Die volgende oggend was eers inleidend, die lektore is voorestel en later die middag is met klasse begin. Aangesien dit ‘n kort somerskool is, was daar nie veel oriëntering betrokke nie, dit het meer plaasgevind in klasverband met kleiner groepe wat dikwels effektiewer was as in ‘n groot groep.

Akademiese program: Die program het ‘n sterk klem op akademie gelaai.
Algemene klasskedule:
7h-9h Ontbyt. 9h-12h Lesings. 12h-3h Middagete. 3h-6h Werkswinkels. 6-8h Aandete. 8h-10h aandlesings/sosiale aktiwiteit/projekte doen
Klasse: Die lesings was oor die algemeen op ‘n baie hoë standaard en meer vir nagraadse studente wat al ‘n navorsingsgeskiedenis het. Die klasse is elkeen in twee verdeel. Die eerste week sal een
lektor klasgee oor ‘n onderwerp en die volgende week sal ‘n nuwe lektor oorneem. Dit was van toepassing op die lesings en die werkswinkels.
E-forum: Daar is ‘n webwerf vir die somerskool geskep waar studente relevante leeswerk kon kry om voor die tyd deur te gaan. Skedules, lektore en ander relevante inligting was daarop beskikbaar. Ek sal aanbeveel dat die volgende mense die leeswerk voor die tyd lees, sodat dit nie soveel tyd hoef te neem as mens eers hier is nie, maar dit voluit kann geniet.
Sustainable Development: Die lesings oor Sustainable Development was veral uitdagend vir my persoonlik, omdat ek geen agtergrond daarin gehad het nie. Ek was wel nie die enigste een nie, maar ‘n klomp van die studente studeer spesifiek in daardie rigting. Die eerste week was veral uitdagend. Die klasse het gehandel oor algemene sustainability, maar veral gefokus op water hulpbronne, wat ingewikkeld was. Ek het persoonlik die meeste geput uit die eerste inleidingsdag, omdat dit interaktief was met die medestudente. Die dosent het die res van die week meer klasgegee en dit was nie regtig interaktief nie, met die gevolg dat baie studente nie altyd soveel ingeneem en geleer het nie, tensy as hulle alles verstaan het. (Tog het die studente wat in die rigting is, gesê hulle sou ook verskies dat dit meer interaktief was).
Werkswinkels (Academic Writing): Die werkswinkels was oor die algemeen meer interaktief en meer informeel. Die eerste week was veral interessant, energiek en het terselfde tyd baie geleer. Die dosent, Rita Jacobs, van New York het hier klasgegee. Ons moes twee praktiese kort skryfstukke (500 woorde elk) indien deur die loop van die week. Die klas het mekaar self geasseseer het tydens die werkswinkel en die lektor het dit daarna nagesien. Hierdie werkswinkel sal ek sterk aanbeveel vir einige iemand wat ‘n tesis skryf. Dit lig soms net die basiese belangrike elemente uit wat toegepas moet word wat tot ‘n beter tesis kan lei.
Die tweede week het Kenneth Wynne van Duitsland aangebied. Aloewel die klasse vreeslik interessant aangebied was, was dit vir my onrelevant. In hierdie week het ek niks geleer wat ek kan toepas om akademiese werk nie. Ons het geleer van verskillende identiteite (soos Britse en Amerikaanse identiteite) en hoe om opsommings te maak. Dit was heerlik om my algemene kennis uit te brei, maar niks daarvan sal ek prakties op akademiese werk kann toepas nie.
Aandlesings: Alhoewel dit soms lank raak om in die aand ook lesings te hê was slegs twee uit die vier verpligtend. Die aandlesings was anders gestruktureerd as die lesings of werkswinkels. Dit het oor uiteenlopende onderwerpe gehandel en elkeen is anders benader, wat dit interessant gemaak het. Die meeste aanlesings was meer interaktief en vrae is verwelkokm. Die eerste lesing het ‘n man ‘n paar kortstories voorgelees wat hy gepubliseer het. Op ‘n ander keer is daar gepraat oor ‘Aging‘ en die kulturele effekte deur veral van visuele tekste en humor gebruik te maak. Ek het hierdie lesing baie geniet.

Voorstelle: Wat ek laastens sal voorstel is van toepassing vir die somerskool in Stellenbosch, nie die een in Graz nie. Ek dink daar is soveel wat geleer kan word by verskillende somerskole, die dat ek dit will deel. Tydens ons uitstappie na Graz het ons eerstens die Universiteit besoek. Daar het ons ’n praatjie bygewoon wat basies ‘gratis bemarking’ was vir die Universiteit. Van die geleenthede is daar ter tafel gelê, veral gefokus op toekomstige studente om daar te kom studeer vir ‘n semester uitruil of langer. Daar was inligting gegee oor moontlike beurse, behuising, klasse ens. Daar was tyd vir vrae gewees en baie insiggewend. Om dieselfde informasiesessie te hê by Stellenbosch se somerskool kan meer mense dalk trek om later in hier te kom studeer.

Mag meer mense hierdie geleentheid raaksien en gegun word. Baie dankie!