Toit in the Netherlands

Alle goeie dinge kom aan hom wat bereid is om te wag

Die voor vertrek tydperk is eintlik ‘n baie prettige tyd. As ek ‘n paar ‘tips’met julle kan deel sal dit die volgende wees:

  • Doen jou huiswerk volledig. Met dit bedoel ek kry genoeg kwotasies by verskillende reisagentskappe. Die eerste beskikbare vliegtuigkaartjie is nie altyd die beste nie. Ek het  honderde rande gespaar deur net oor die pad te stap en ‘n tweede opinie gekry.
  • Moet nie noodwendig die goedkoopste vlug vat nie. Dink bietjie aan watter lugdiens jy gebruik en hoe lank jy gaan oorstaan op ‘n plek soos Dubai. Indien jy ‘n ekstra geldjie het betaal liewer bietjie meer en maak die vlug meer gerieflik.
  • Moet nooit bang wees om te vra nie. Vra is vry.  Die persoon wat jou vliegtuigkaartjie vir jou boek (bv flight centre) hy is altyd beskikbaar vir vrae oor Visa ens ook.
  • Wanneer jy ry om jou visa aansoek te gaan inhandig maak seker jy ry vroegtydig. Dit is nie baie prettig as jy ‘n uur lank aan 8 km ry net omdat dit reen in die Kaap nie.
  • Maak dubbelseker of jy kwalifiseer vir ‘n studie visa wat beteken jy spaar geld. Soms is dit beter om sommer net direk die betrokke ambasade te e-pos vir inligting.

  • Laai duo-ling (app) af op jou foon en probeer bietjie die taal van die land wat jy gaan besoek leer. Die app leer vir jou basiese woorde wat jou lewe baie makliker gaan maak. Jy kan ook ‘n translator app op jou foon kry wat baie handig is as jy vashaak terwyl jy met iemand wil kommunikeer.
  • Ken bietjie jou eie land en kampus. Gewoonlik verteenwoordig jy vir Afrika by die somerskool so daar is klomp random vrae wat jy moet beantwoord soos byvoorbeeld (hoeveel tale is daar in Suid Afrika, hoeveel vroue het julle president ens).
  • Doen bietjie navorsing oor die plek waarnatoe jy gaan. Hoe lyk die weer (somer of winter)? Hoeveel rand kos ‘n maaltyd daar? Watter plekke kan jy besoek? Dit is dalk goed om vir jou ‘n reisigers gids te koop (travel guide) en as jy regtig baie gretig is kan jy selfs die ding flag. Baie modernde plekke het ook ‘n app wat jy kan aflaai wat aan jou as toeris die basiese informasie bied sodat jy nie onnodig land nie.
  • Indien moontlik, probeer iemand reel wat jou op die lughawe kom optel as jy daar aankom. Na ‘n 24 uur vlug is mens nie baie gretig om nog na ‘n deurmekaar trein-vertrektye bord te kyk nie.

Nou Toer ons: Somerskool en die lewe in Nederland

My ervaring was ‘n ongelooflike een gewees by die Utecht Universiteit in Nederland. Wat die program die moeite werd gemaak het was die mense wat saam met my was en die ander wat ek daar ontmoet het. Ons was net ‘n klein groep van 25 gewees, maar dit was baie divers. Dit was die LEF kurses gewees. LEF staan vir Liberty Equality and Fraternity. Elke jaar word daar ‘n ander tema behandel en hierdie jaar was dit oor equality (gelykheid) gewees. Klasse het nooit voor 09:30 begin nie en middae 16:30 was ons klaar. Klasse was baie interaktief so dit was meestal in die vorm van oop gesprekke gewees. Oor die tydperk van twee weke kon elkeen sy eie unieke voorbeelde van gelykheid of ongelykheid met ander deel. Ons het elke tweede dag ‘n professor van ‘n ander land gehad so elkeen het iets uniek na die tafel gebring. Een van die hoof goed wat tot my aangespreek het was dievolgende vraag; beteken gelykheid dieselfde vir elkeen, of beteken dit ons respekteer die verskille?

As ek dit moet vergelyk met my eie Stellenbosch ervaring het ek net weereens besef hoe belangrik die dosent student verhouding is. In Nederland word die dosente, dokters, professors nie op hul titel angespreek nie. Die Professors is op ‘n baie meer persoonlike basis by die studente betrokke. Ek besef ek sal nooit weer in my lewe in so diverse klas wees soos vir daardie twee weke nie.

In Nederland ry almal met die fiets en volhoubaarheid (sustainability) is vir hulle baie belangrik. Ek het ‘n man ontmoet wat elke dag 20 km werk toe ry en dan weer na werk terugry huistoe. Meeste individue kies om ‘n baie gesonde leefstyl te leef waar mens aangemoedig word om buite te wees. Een van die hoogtepunte van die somerskool was om die Sokker Wereldbeker te beleef en veral die Semi-finaal toe ons in Utrecht selfs was. 3 Ure voor afskoptyd was al die kuierplekke vol en almal dra net oranje.

Toe die somerskool verby was het ek en Karla Basson vir nog ‘n week lank deur Nederland getoer. Dit is nie die moete werd om meer as R10 000 te spandeer op ‘n vliegtuigkaartjie en dalk nog geld op ‘n schengin Visa en dan nie die land behoorlik te leer ken nie. Ons het in ‘n week se tyd by ‘n teologie dosent, ryk prokereur asook ‘n maatskaplike werker student gebly. Al 3 het ons iets uniek van Nederland se kultuur geleer en ons kan hulle almal nou vriende noem. Van die hoogtepunte wat ek in daardie week besoek het was die Anna Frank huis, Heineken Museum,  Ajax Asterdam Arena , Nederlandse Parliment, Alkmaar Cheesemarket en al die ou historiese kerke.

Alle goeie dinge kom tot ‘n einde: Terug in Matieland

Om terug te wees in Stellensoch was aanvanklik ‘n baie groot realteit skok gewees. Ek het ‘n week later arriveer so die kwartaal was alreeds aan die gang. Dus was dit ‘n sink of swem situasie. Dit was vir my baie negatief om weer blootgestel te word aan al die geweld, korrupsie en ander negatiewe goed in die media.  Dit was vir my sleg om te sien hoe vêr agter ons land is i.t.v tegnologie.

Ek weet itv my kurses sal ek ongelukkig nie op ‘n langer uitruil kan gaan nie, maar die ervaring sal altyd vir my kosbaar bly. Nederland het my geleer dat vriendelikheid en hulpvaardigheid niks kos nie. Mense het uit hul pad uit gegaan om ons hulpvaardig te laat voel. Ek het ook geleer dat mens nie skaam hoef te wees vir wie jy is nie. Op ‘n geestelike noot het die 2 kerkdienste wat ek  bygewoon het en al die gesprekke wat ek gehad het my ook diep aangespreek.

Toe ek op Schipol lughawe staan om terug te vlieg was dit presies ‘n week na die MH 17 vlug neergeskied was . Buite my vertreksaal het daar 100 meter se blomme gelê met allerhande fotos en briewe by. Ek het daar gestaan en weereens nagedink oor hoe kort die lewe is. Die 246 passasiers het sekerlik gedink aan die rooskleurige lewe wat wag in Australiê, nes ek opgewonde was oor Stellenbsoch. Maar hulle het nooit in Australië uitgekom nie. Ek het in Stellenbosch  uitgekom en nou is dit tyd om voluit te lewe en elke dag as ‘n geskenk te aanvaar.

Dankie Stellenbsoch Universitiet vir die geleentheid van ‘n leeftyd. Dankie aan Karla ‘karrie’ Basson wat vir  3 weke lank met my moes uithou. Nou toer ons!