Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Willem Boshoff

Intreerede

September 29, 2022 @ 17:3018:30

Fakulteit Ekonomie en Bestuurswetenskappe

Om die paal nie te haal nie: mededinging en mededingingsbeleid in Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse beleidsdebat skryf ons beleidsprobleme, ten minste gedeeltelik, toe aan lae vlakke van mededinging in sleutelmarkte – ‘n uitkoms wat, op sy beurt, aan die dominansie van ‘n aantal groot korporasies te wyte is. In hierdie lesing stel ek ‘n alternatiewe siening van mededinging en mededingingsbeleid in Suid-Afrika voor. Die hoofstroombenadering in die vakdissiplines van mededingingsekonomie en industriële organisasie beklemtoon mededinging as ‘n proses, eerder dan ‘n strukturele uitkoms. Die omvang van mededinging vir ‘n produk of diens word deur die beskikbaarheid en soort opsies (m.a.w. substitute) vir kopers bepaal. Hierdie opsies gee aanleiding tot wedersydse reaksies in die pryse en besluite van mededingers. So ‘n siening het omvangryke gevolge vir beleid. Eerstens, behoort ons bewerings te bevraagteken dat die Suid-Afrikaanse ekonomie onmededingend is omdat bepaalde industrieë deur enkele groot firmas oorheers word. Tweedens, waar mededingingsprobleme standhoudend blyk te wees, verdien die rol wat regeringsbeleid en -beleidvoering in die beperking van mededinging speel, meer aandag. Derdens, dit blyk dat ‘n fokus op groot firmas en konsentrasie deur die doelwit van transformasie gedryf word, ‘n doelwit wat in belangrike opsigte van mededinging verskil en waarvoor mededingingsbeleid ‘n minder gepaste beleidsinstrument is.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Willem Boshoff is ‘n Professor in Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, wat in die ekonomie van mededingingsbeleid spesialiseer. As ko-direkteur van die Sentrum vir Mededingingsreg en -ekonomie aan die Universiteit is hy aktief betrokke by die bevordering van akademiese navorsing rondom mededingingsprobleme in Suid-Afrika. Prof Boshoff en sy plaaslike en internasionale vennote publiseer gereeld onder andere oor die definisie van markte in mededingingsbeleid, samespanning en buitensporige pryse. Hy het onlangs ook ‘n langtermyn navorsingsprogram rondom Suid-Afrikaanse sakesiklusse voltooi. Prof Boshoff tree gereeld as spesialis korporatiewe adviseur op in kwessies rakende samesmeltings en teen-mededingende praktyke. Hy het ‘n assosiasie as kundige met die internasionale konsultasiegroep FTI. Hy is ook ‘n gereelde kommentator in die algemene pers en die besturende redakteur van die Studies in Economics and Econometrics, ‘n Taylor & Francis vaktydskrif in ekonomie.

Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
September 29, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Room 1046, Van der Sterr Building, Bosman Street, Stellenbosch
12 Bosman Street
Stellenbosch, Western Cape 7600 South Africa
+ Google Map
Website:
Fakulteit Ekonomie en Bestuurswetenskappe
Afrikaans