Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

IT Dienstoonbank: Die stemme aan die ander kant van jou telefoon

Mandy Wanza Jy ken dit al uit jou kop uit – die nommer wat jy bel as jy op `n Maandagoggend as jy sonder rede jou wagwoord vergeet of jou baas die powerpoint-aanbieding vir sy vergadering tien minute voor die tyd per ongeluk “verloor” het. Ooit gewonder wie die stemme aan die ander kant van die telefoon is?

Informasietegnologie se dienstoonbank word van 8:00 tot 4:30 beman deur  sewe personeellede – 6 manne en een roos tussen die dorings. Die spannetjie is IT se voordeur – jou eerste stop as jy `n probleem het en dit so gou as moontlik opgelos wil hê.

Verskeie funksies word deur die IT Dienstoonbank vervul, onder andere  administrasie van alle versoeke telefonies ontvang, sowel as via die vier generiese e-posse, netwerkadministrasietake en ook eerste vlak gebruikersondersteuning. Vir dié span is dit belangrik dat gebruikers te alle tye op hoogte gehou word van hul probleem se status.

Die Dienstoonbank se hoofdoelwit is om so gou moontlik navrae te hanteer en probleme op te los sodat jy so gou as moontlik kan voortgaan met jou werk.  Hulle werk, aan die ander kant, word aansienlik vergemaklik as gebruikers hulle samewerking gee, volledige inligting verskaf en bo alles geduldig bly. Vir elke probleem is daar `n oplossing – al voel dit nie altyd so nie!  Vele interessante klagtes en versoeke word daagliks aangehoor, maar met  al die geduld in die wêreld kwyt die Dienstoonbank hulle verbasend goed van hul taak.


Om te verseker dat jy hierdie vinnige diens kry, is dit belangrik om `n paar goed te weet .

Indien jy `n dringende versoek het en nie telefonies by die Dienstoonbank uitkom nie, kan jy self `n versoek aanmeld deur `n e-pos te stuur. Geen gewag en aanhou meer nie!

Stuur `n e-pos aan help@sun.ac.za met die volgende belangrike inligting:

  • Beskrywing van probleem
  • Gebou
  • Kamernommer
  • Telefoonnommer
  • Batenommer van rekenaar, drukker, skootrekenaar

 

Boodskappe kan vir IT se Dienstoonbank gelos word by telefoonnommer 021 808 4367. Versoeke kan ook aanlyn gedoen word by  https://iheat.sun.ac.za/webheat.

Sodra ‘n versoek suksesvol aangeteken is, sal jy `n ‘n epos ontvang met `n verwysingsnommer wat jy kan gebruik om om navraag te doen oor die vordering van jou versoek.

Enige rekenaarverwante navrae kan gerig word aan helpinfo@sun.ac.za, maar om probleme aan te meld, gebruik asseblief  help@sun.ac.za.

 

Meer inligting, ook `n paar algemene vrae, kan hier gevind word.

Fotos: Petro Uys

Tags: , , , , ,

3 Responses to “IT Dienstoonbank: Die stemme aan die ander kant van jou telefoon”

  1. Sonja van der Westhuizen says:

    Dankie Tinus en Colleen, dit lekker om `n slag positiewe terugvoer te kry!

  2. Tinus Botha says:

    Dankie aan al die manne en vrou by die IT hulptoonbank vir die dringende versoeke wat dadelik hanteer word of reg gekannaliseer word. As IT ondersteuning by Fisika word dit baie waardeer.

  3. Colleen Louw says:

    Excellent, well-done IT. Now everyone knows how, who, where, why, and what!
    This will definitely help everyone, but everyone at Stellies.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.