Inwonende Hoof

Welkom by die Helshoogte webtuiste! Of jy nou ’n nuuskierige voornemende Helshoogter, ouer, ’n huidige lid van ons gemeenskap, alumni, of bloot net besig is om deur te blaai, is dit vir my ’n voorreg om jou hartlik welkom te heet.
As jy dalk gewonder het: Helshoogte is net die regte plek vir jou! Daar is geen stereotipes nie en geen noodsaaklikheid om “in te pas” nie – ons doel is om die egtheid binne mekaar te omhels terwyl ons saamwerk om ‘n florerende, diverse studentekoshuis aan die Universiteit van Stellenbosch te bou. Helshoogters werk hard daaraan om aan die gemeenskap te bou – dit beteken soms dat ons moeilike gesprekke voer, foute maak of uitdagings ervaar – ons is almal mens – maar die einddoel bly altyd om gehoor en verstaan te word, en om te weet jy behoort as lid van hierdie Huis.
My eie reis in die Helshoogte-gemeenskap het in 2014 begin met my aanstelling as Inwonende Hoof, ‘n rol wat leiding neem uit die gemeenskap en wat verantwoordelik is om kontinuïteit te handhaaf, na die belange van Helshoogters en die Huis self om te sien en advies of insette te gee wanneer nodig.
Tydens my studies het ek in 2012 ‘n Baccalaureus in Wetenskap aan US voltooi in 2012, asook verdere nagraadse studies hier by SU. Benewens my rol as Koshuishoof van Helshoogte, werk ek tans ook in Inligtingstegnologie by US, waar ek deel is van die institusionele projek om nuwe ERP-stelsels vir die Universiteit te implementeer en te vernuwe.
Ek glo vas dat Helshoogte aan sy inwoners ‘n platform bied om te kan uitblink in akademie, sport, sosiale of kulturele sfere. Wat nóg beter is, is dat jy waarskynlik baie van hierdie aspekte met jou dag-tot-dag lewe hier in die koshuis sal kan integreer. Die universiteit is die eerste stap in jou volwasse-lewensreis en Helshoogte is net die plek om dit te begin – die sukses daarvan lê in jou hande!
Dis al.
Luke Cuff
Inwonende Hoof
