Iimbovane ontvang hupstoot van Het Jan Marais Fonds

  • Post author:
  • Post category:News
  • Reading time:1 mins read

Die Iimbovane uitreikprojek het onlangs bykomende befondsing van die Het Jan Marais Fonds ter ondersteuning van die projek se jaarlikse bedrywighede ontvang.

Die Iimbovane uitreikprojek (wat ‘miere’ in isiXhosa beteken) is ‘n wetenskapsuitreikprojek wat mierspesies gebruik om skoolleerders aan biodiversteit bekend te stel en hulle te help om praktiese wetenskaplike vaardighede te ontwikkel.

Iimbovane is werksaam in 17 Wes-Kaapse skole en help leerders en onderwysers om die miere in hulle skoolgronde deur middel van lesse in die klaskamer en praktiese veldstudies te bestudeer.

Benewens die projekspan se besoeke aan skole, bied hulle ook tydens skoolvakansies verskeie werkswinkels aan waar leerlinge die geleentheid kry om die biodiversiteit van verskillende ekosisteme te bestudeer. Leerlinge kry dan die geleentheid om verskillende veldwerkmetodes te gebruik en leer ook hoe om tegnologie in te span vir wetenskaplike navorsing.

Danksy die Het Jan Marais Fonds-befondsing sal Iimbovane die wonders van Suid-Afrika se natuurlewe vir talle leerders toeganklik kan maak.

Leerders van die Swellendam Sekondêre Skool besig om die miere in die skoolgrond te versamel.