Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Adriaan van Niekerk

Intreerede

Oktober 25, 2022 @ 17:3018:30

Datawetenskap: 'n geleentheid of 'n bedreiging?

Datawetenskap is die professie wat tans die vinnigste ter wêreld groei. Hierdie groei word aangevuur deur die massiewe volumes data wat daagliks geskep word en die toenemende behoefte aan vaardige mense om sin daarvan te maak en gevolgtrekkings daaruit af te lei. Ten einde in hierdie groeiende vraag te voorsien, bied ʼn toenemende aantal universiteite, insluitende die Universiteit Stellenbosch, kursusse in datawetenskap en masjienleer. In hierdie intreerede bespreek ek datawetenskap vanuit die perspektief van georuimtelike wetenskap deur eerstens die parallelle ontwikkeling van die twee dissiplines oor die afgelope ses dekades te vergelyk en tweedens voorbeelde te gee van die gebruik van masjienleer in my eie navorsing. Ek sluit af met ʼn besinning oor die geleenthede en risiko’s wat masjienleer vir wetenskap in die algemeen en georuimtelike wetenskap in die besonder inhou.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Adriaan van Niekerk is die direkteur van die Sentrum vir Geografiese Analise en ʼn professor in Geografie en Omgewingskunde by die Universiteit Stellenbosch. Sy akademiese fokus is op die toepassing en ontwikkeling van geografiese inligtingstelsels en tegnieke vir afstandswaarneming (Aardewaarneming) om besluite rakende grondgebruik-, biogeografiese, omgewings-, landbou-, water- en sosio-ekonomiese probleme te ondersteun. ʼn Groot gedeelte van sy onlangse werk was gefokus op die gebruik van kundige stelsels en masjienleer vir die doeltreffende onttrekking van nuttige (uitvoerbare) inligting uit groot volumes afstandswaarnemingsbeelde, vernaamlik vir toepassings in landbou en bosbou.

Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
Oktober 25, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Fismer Hall, Conservatorium, c/o Victoria Street and Neethling Street
45 Victoria Street
Stellenbosch, 7600 South Africa
+ Google Map
Afrikaans