Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Allan Ellis

Intreerede

September 1, 2022 @ 17:3018:30

Die onbeantwoorde liefde tussen madeliefies en vlieë: ʼn Namakwaland-verhaal

Baie van ons het al die lang trek teen die weskus op, of tot in die hart van Namakwaland, afgelê om die lentemadeliefies te bewonder. Ek reken egter dat minder van ons al gewonder het waar die madeliefies se kleure en patrone vandaan kom, of hoekom hul dominante kleure verander namate ons deur die landskap ry, of hoe hulle in sulke digte massavertonings voortplant. My praatjie begin met antwoorde op hierdie en talle ander vrae op grond van 15 jaar se navorsing oor die eenjarige madeliefies van Namakwaland. Hierdie werk is geanker in die skouspelagtige blomdiversiteit wat ons in die algemeenste eenjarige madeliefiesoorte ontdek het en pogings om die evolusie van hierdie ongewone blomkenmerke te verstaan – van die gene wat hul ontwikkeling beheer tot die landskappe waaroor hulle gerangskik is. Die resultate vertel ʼn verhaal van ondergeskatte diversiteit weens onverwagte wisselwerking met onwetende vlieë. En alhoewel talle vrae onbeantwoord bly, sal jy beslis nuwe waardering hê vir die wit en oranje madeliefiemat wat die agtergrond van die Kaap se unieke massablomvertonings vorm wanneer jy weer die pad noord vat om die lenteblomme te aanskou.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Allan Ellis is in Januarie 2020 as professor in die Departement Plant- en Dierkunde van die Universiteit Stellenbosch aangestel. Hy is ʼn evolusionêre ekoloog wat die meganismes bestudeer wat biologiese diversiteit in die buitegewone natuurlaboratorium van die Kaap voortbring en in stand hou. Hy voltooi sy voorgraadse studies in Plant- en Dierkunde aan die Universiteit van Kaapstad, waarna hy etlike jare as ʼn ekoloog in die Sahel en Namakwaland werk. ʼn Sterk belangstelling in Afrika se ariede stelsels ontstaan uit hierdie ervaring, wat uiteindelik tot ʼn Fulbright-PhD aan die Universiteit van Kalifornië en ʼn nadoktorale posisie by die Universiteit van KwaZulu-Natal lei, waar hy die diversifikasie van vygies en madeliefies in Namakwaland ondersoek. ʼn Sentrale navorsingsfokus in sy groep is steeds begrip van die diversiteit, evolusie en ekologie van hierdie twee dominante plantfamilies in Suid-Afrika se ariede sones. Allan het reeds as studieleier van 13 MSc-, 10 PhD- en 6 nadoktorale studente gedien en 75 ewekniebeoordeelde artikels en hoofstukke gepubliseer.

Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
September 1, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

First Year Chemistry Building, de Beer Road, Stellenbosch
1 De Beer Road
Stellenbosch, Western Cape 7600 South Africa
+ Google Map
Afrikaans