Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

SANREN en SEACOM

Indiens gestel : SANREN-navorsingsnetwerk en SEACOM Internasionale Interne-verbinding

Goeie kuberkommunikasie fasiliteite is nou moontlik weens hoë kapasiteit nasionale SANREN netwerke asook die internasionale SEACOM onderseese optiese kabel. Die SEACOM-kabel loop langs die ooskus van Afrika na Europa en die VSA met die landingspunt in die RSA by Mtunzini, ongeveer 120 km noord van Durban. Universiteite besit gesamentlik 10 Gbps van SEACOM wat via die nasionale SANREN-netwerk toeganklik is. Die WNNR se SANREN-netwerk bied hoë-spoed 10 Gbps verbindings tussen RSA universiteite.

Die US se Internetkapasiteit is sedert begin 2010 vanaf 60 Mbps met 400% verhoog. ‘n Verdere 400% verhoging word  teen Julie 2010 voorsien. Die verwagting is om teen einde 2011 met NOG ‘n verdere 1000% verhoging –  teen 10 Gbps aan SANREN te koppel.

Die verbinding skep talle geleenthede vir die US vir bevordering van navorsing asook leer en onderrig. Dit:

  1. verhoog die US se virtuele teenwoordigheid op internasionale front;
  2. maak virtuele inligtingsbrûe na vennoot-universiteite moontlik;
  3. maak verbeterde toegang tot digitale hulpbronne moontlik;
  4. skep geleenthede om internasionale inligtingstelsels intyds ook vir die US te gebruik.

Skakel gerus met IT om geleenthede vir inter-universitêre elektroniese kommunikasie te verken

One Response to “SANREN en SEACOM”

  1. JP Meijers says:

    So ons behoort binnekort gratis toegang na UCT en Tenet se mirrors te kry?

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.