Het jy die IT dienstoonbank se nommer geprogrammeer op jou telefoon vir in geval jy jou wagwoord vir die soveelste keer verloor of vergeet? Nou hoef jy nie meer nie!
Te danke aan `n nuwe stelsel ontwikkel deur IT kan jy nou self jou wagwoord op die intreeblad van enige van die portale (byvoorbeeld http://my.sun.ac.za) verander deur te kliek op “Wagwoord vergeet?”. `n Tydelike wagwoord kan via die portaal-applikasie aan jou toegeken word op grond van een van die volgende:
- Jou selnommer
- `n Eksterne e-posadres (as jy alumni is)
- Sekuriteitsvrae en antwoorde
Onthou asseblief dat dat die stelsel slegs jou wagwoord kan verander as bogenoemde inligting volledig en akkuraat op ons databasis vasgelê is.
Vir enige navrae kontak die IT Dienssentrum by x4367.
Tags: wagwoord vergeet, wagwoord, portale