Een van die dae sal jy eenkeer elke twee maande al jou navrae en klagtes kan stem gee by jou eie IT-fakulteitsbeampte.
As deel van IT se voortdurende pogings om kommunikasie met kampus te verbeter, is fakulteitsbeamptes in elke fakulteit onlangs aangewys. Met hierdie inisiatief sal daar twee-maandeliks insette, idees en voorstelle van gebruikers op kampus via hul eie verteenwoordigers ontvang word. In die proses sal dit Informasietegnologie in staat stel om vinniger probleme op te los en ook te bepaal waar daar spesifieke knelpunte en potensiële probleme mag ontstaan.
IT verteenwoordigers sal binnekort sleutelpersone binne elke fakulteit kontak om reëlings te tref vir die eerste kontaksessie:
IT VERTEENWOORDIGERS | FAKULTEIT |
Marita de Koker & André Elms | Teologie |
Clayton Adonis & Quintus Roos | Natuurwetenskappe |
Bradley van der Venter & Clive Layman | Regte |
Regan Janari & Leanne Farao | Sport |
Neels Blom & Zanfrick Witbooi | Agriwetenskappe |
Tian Petersen & Clint Adams | Opvoedkunde |
Peter Grift & Ryan Leroux | Ekonomie |
George Whitehead & Ronel Reynecke | Ingenieurswese |
Paul de Kock & Basil Pietersen | |
IT-fakulteitsbeampte vir Fakulteit Lettere?
Lettere en Sosiale Wetenskappe?
I say give Mo more work and let him represent us
Hi Nicky,
Steundienste gaan verdeel word onder die Hulp Toonbank en Admin personeel (Mandy Wanza, Pablo Korkie & Anthea Davids, Quinton Luiters, Jurgen Moolman & Jacky November)
wat van die steundienste?
We’ll announce Tygerberg’s representatives shortly. So not to worry, we haven’t forgotten about you!:)
What about Tygerberg?