Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Gratis opleidingsgeleenthede vir aspirant IT-deskundiges

Microsoft het onlangs aangekondig dat die maatskappy van plan is om `n aantal kursusse vir US-personeel en hulle kinders te borg. CTU Training Solutions, die maatskappy wat tans IT-kursusse aan personeel bied, het Universiteit Stellenbosch, as een van hulle 3 grootste kliënte, genader met hierdie unieke Microsoft-aanbod.

Aansoekers moetvir die 1ste jaar elke oggend kan klas bywoon, of die klasse na ure kan bywoon. Iemand uit ‘n nie-IT verwante omgewing kan die kursus doen in die 1ste jaar, maar word verplig om die 2de jaar ‘n IT pos te beklee en die kennis wat geleer is op `n praktiese vlak toe te pas. Gedurende hierdie tweede jaar sal Microsoft dan ook die persoon se werkverrigting nagaan en beoordeel.

Kinders van US-personeel kan ook aansoek doen om hierdie kursusse te loop. Neem asseblief kennis dat sekere voorwaardes geld. Dit is veral van toepassing op personeellede (byvoorbeeld enkelouers) wie se kind sy/haar skoolopleiding voltooi het maar nie oor die finansiële middele beskik om verder te studeer nie. Voorheen benadeelde en gestremde aansoekers, sowel as aansoekers van huishoudings met `n enkel-inkomste of enkelouer, sal voorkeur geniet. Aansoekers mag ook versoek word om `n geskrewe motivering voor te lê waarin hulle uiteenset waarom hulle kwalifiseer vir die befondsing.

Die enigste twee voorwaardes is dat die ouers of maatskappy bereid moet wees om maandeliks R2000 te gee vir die kind se reis en verblyf en die kind moet ook in die 2de jaar van studie ‘n internskap doen. CTU sal wel help met die plasing van interns by maatskappye

Aangesien hierdie die kursusse gewoonlik R40 000 beloop en met hierdie geleentheis gratis verskaf word, is dit `n wonderlike geleentheid vir aspirant IT-deskundiges.

Stuur asseblief aansoeke vir befondsing aan Petro Uys,  puys@sun.ac.za. Aansoekers sal op Vrydag, 11 Januarie in kennis gestel word of hulle aansoeke suksesvol was.

Meer inligting ….

3 Responses to “Gratis opleidingsgeleenthede vir aspirant IT-deskundiges”

  1. D I LE ROUX says:

    Is this offer applicable to Clinical Technologists at Tygerberg Hospital as well?

  2. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Naweed,

    If you click on “more information”, you’ll find a document with all the relevant info you need. You can also contact Petro Uys (puys@sun.ac,za) – you’ll also find her phone number on the poster.

  3. Naweed says:

    What is the application procedure and how can I get more info.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.