Soos julle reeds weet is daar vele IT-kursusse om van te kies en waarvoor jy gratis kan inskryf. Jy het al probeer inskryf op die personeelportaal, maar dit was so verwarrend dat jy maar liewer die hasepad gekies het en summier die IT Dienstoonbank gebel het.
Moenie paniekerig raak nie – dit lyk erger as wat dit is en ons sal jou stap-vir-stap wys hoe om dit te doen.
STAP 1
Gaan na die personeelportaal – my.sun.ac.za
STAP 2
Kliek op SUN-eHR
STAP 3
Teken aan met jou US gebruikersnaam en wagwoord
STAP 4
Kliek op Training and Development en daarna Learner Home.
STAP 5
Kliek op Catalog en kies Information Technology
STAP 6
Kies jou kursus
Vir meer inligting oor Augustus se kursusse, kliek hier.