Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

IT vat die koek by Welwees Sportdag

Op 24 Oktober het `n sterk stuks van 43 IT-personeel die 31 grade hitte vir die US Welweesdag breëbors en grootbek aangedurf. Ook maar goed die uitslae was goed anders sou daar `n paar hangende sku koppe gewees het aan die einde van die dag.

Aan spangees en entoesiasme was daar geen tekort aan nie. Dit was duidelik aan die volume waarteen daar geskree – IT was sonder twyfel die grootste rasers. Die feit dat almal heldergroen t-hemde met die filosofiese woorde “Keep calm and call IT” aangehad het, het hulle natuurlik nie enigsins minder opsigtelik gemaak nie.

IT-spanne het mekaar se sportaktiwiteite bygewoon en  mekaar welluidend die veld ondersteun en motiveer. Die effek hiervan was duidelik te sien tydens die toutrekkompetisie. Daar is min dinge wat `n man so hard laat trek soos iemand wat langs hom staan en skree nie.

Tussendeur is worsrolletjies gebraai, koeldrank gedrink en `n goeie skoot suiker vir energie met sjokoladekoek.

Vir die tweede jaar het IT dit reggekry om vir elke Sportdagaktiwiteit `n span in te skryf (sien name van alle deelnemers heel onder) en het met die louere weggestap met die vlugbal, hokkie en toutrek. IT het ook met die algehele prys weggestap.

“Ek is trots op al die deelnemers, en baie dankbaar teenoor die organiseerders binne IT en die US se Welwees afdeling onder leiding van Maureen Kennedy.” – Petro Uys

Mini sokkerspan: Lynton Speelman, Gerrie Jacobs, Philip Greeff, Arrie Martin, Jerome Swart, Lucio Southon, Randall Christians, Andre Adams

Stap: Ciska Marais, Lee-Anne Pharoa, Marita de Koker, Shaamela Martheze

Vlugbal: Marius Bruwer, Mariana Fourie, Elmar Matthee, Camen Petersen, Donelda Petersen, Charnelle Davidse

“Pool noodle” Hokkie: Joe Smit, Cheslon Faroa, Quinton Luiters, Pablo Korkie, Albert Meyer, Mandy Wanza 

Raakrugby: Millicent Pieters, Hendrik Adams, Zanfrick Witbooi, Quintus Roos, Johan Loubser, Nico Goosen, Jodi Layman

Netbal (shoot outs): Marie Daniels, Marlé Botha, Petro Uys, Jemaine Wales, Tondani Mooketsi, Anthea Davids

Toutrek: Francois de Koker, Warren Koopman, Johan Brand, Mario Randelhoff, Tommy Abrahams, Kagiso Shakoane

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.