Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Skakel in by Bits & Bytes

radio2

Die afgelope September het ons een jaar op die lug gevier. Bits & Bytes het aanvanklik begin as `n nuusbrief vir personeel,  maar daar was net te veel interessante dinge om te deel – ons kon dit nie net vir onsself hou nie. Maar wat meer kon ons doen?

Die antwoord was maklik. Met `n gehoor van 30 000 luisteraars tussen die ouderdom van 14 en 28, het ons geweet MFM is die perfekte pasmaat. En so is Bits & Bytes, die radio-weergawe gebore. Vir die afgelope jaar het ons `n weeklikse insetsel gedurende die AM-PM-show om 11:45 Dinsdagoggende gehad met Tian Petersen as aanvanklike stem vir IT, maar mettertyd het Marc-Allen Johnson by die span aangesluit.

Bits & Bytes is nie nie bloot nog `n institusionele mondstuk wees nie, maar het mettertyd `n platform geword waar interessante tegnologiese verwikkelinge en speelgoed, bespreek kan word. Met elke insetsel probeer ons om `n kombinasie van relevante nuus vir studente en personeel, sowel as interessante verwikkelinge op die tegnologiese front op `n informele trant aan luisteraars oor te dra.

Ons besef egter dat almal nie toegang het om daarna te luister nie en het dus die fasiliteit geskep waar jy, nadat dit uitgesaai is, steeds aanlyn na die uitsendings kan luister. Al wat jy hoef te doen is om na WWW.SUN.AC.ZA/BB te gaan waar daar `n lys van alle vorige nuusbriewe is, maar ook al 34 vorige radio-uitsendings. Kliek bloot op die mp3-skakel.

Die insetsels word binne die US-netwerk gehuisves, dus gaan dit nie jou internetkoste opvreet nie – jy kan met `n geruste hart luister. As jy wel die regstreekse uitsending wil hoor, skakel gerus elke tweede Dinsdag om 11:45 op die AM to PM Show op MFM saam met Eduard en ons eie Tian en Marc-Allen in. Kliek HIER om aanlyn na MFM te luister.

Jy is ook welkom om kommentaar en vrae in daardie tydsgleuf via Twitter aan ons te stuur en indien daar geleentheid is, sal Tian dit op die lug beantwoord. Tweet ons by @ITStellenUni!

Tags: ,

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.