Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

IT-personeel skud hulle sakke vir VWS

vwsDie afgelope week woed `n verwoestende veldbrand in die Jonkershoekvallei in Stellenbosch. Bykans 3000 hektaar veld reeds gebrand en 450 brandbestryders het hulle hande vol gehad om die brand onder beheer te hou. 

Met die onlangse verwoestende brand in die Kaappunt-omgewing het ons gesien hoe hard brandbestryders onder moeilike omstandighede werk en `n groot deel hiervan is VWS (Volunteer Wildfire Services) vrywilligers. Hulle is dus afhanklik van bydraes om hulle werk te kan doen en het fondse nodig om brandbestryding met helikopters te doen, vir toerusting en ook basiese items soos mediese voorraad, oogdruppels, kos en water.

Informasietegnologie-personeel wou graag help en het Woensdag hulle sakke geskud en teen die einde van die dag reeds R4450-00 ingesamel, sowel as kosvoorraad. Hierdie geld word via Givengain se geregistreerde VWS-projek direk in hulle rekening betaal sodat hulle dit kan gebruik vir noodsaaklikhede.  

Ons daag ander US-departemente en -afdelings uit om dieselfde te doen.  Gaan kyk gerus op Volunteer Wildfire Services se webwerf vir meer inligting oor hoe om te help en hul Facebook-blad vir die nuutste nuus oor die brand.

 

volunteer-wildlife-services

2 Responses to “IT-personeel skud hulle sakke vir VWS”

  1. Jackie Wiese says:

    Baie geluk aan al die IT personeel met hierdie prysenswaardige aksie en vertrou dat dit soos die spreekwoordelike veldbrand deur die Universiteit sal versprei. Dit is werklik prysenswaardig om waar te neem hoe ons mekaar in tye van nood wel kan ondersteun en wens so dat dit die norm kan raak en nie die uitsondering nie.
    Doen so voort!

  2. Zanne says:

    This warms my heart, and I believe it will be truly appreciated by the VWS guys & girls!

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.