Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Gelukkige SysAdmin Dag

sysadmin

As jy hierdie artikel op die internet kan lees, jou rekenaar veilig en sonder `n virus is en jy jou e-pos elke paar minute kan nagaan het jou sysadmin sy werk gedoen. Saam met die res van die IT-afdeling maak sysadmins seker alles verloop vlot. Ongelukkig besef ons eers hoe belangrik hulle rol is as iets skielik NIE werk nie.

Elke jaar op 31 Julie is System Administrator Appreciation Day wanneer stelseladministrateurs erken word vir die werk wat hulle agter die skerms doen om seker te maak maatskappye bly aan die gang.

So wat doen `n stelseladministrateur (sysadmin) Volgens http://sysadminday.com/

Stelseladministrateurs is altyd op roep – of hulle besig is om die maatskappy se antivirus sagteware op te dateer of `n korrupte SQL-databasis reg te maak. Hier is `n paar ander take waarvoor hulle verantwoordelik is: 

  • `n Stelseladministrateur het die bediener vir hierdie webwerf uitgepak, opgestel, `n bedryfstelsel geinstalleer, sekergemaak die krag en lugreëlaar het gewerk in die bedienerkamer, dit gemonitor vir stabiliteit, sagteware opgestel en dit gerugsteun vir ingeval iets verkeerd gaan.
  • Wanneer jou netwerk veilig, sekuur en in `n werkende toestand is, is jou stelseladministrateurs. 
  • `n Stelseladministrateur bekommer hom/haar oor virusse, gemorspos, spyware, sowel as brande en vloede.
  • Wanneer die e-pos bediener afgaan 2 uur op `n Sondagoggend, kry die sysadmin `n boodskap en moet hy dit gaan oplos.
  • `n Stelseladministrateur beplan, kap, beskerm, maak reg en skep goeie rekenaarnetwerke. Hoekom? Sodat jy jou data kan kry, jou werk kan doen en jou rekenaar optimaal kan benut.

Dink dus so af en toe aan diegene agter die skerms – nie net wanneer die internet of e-pos af is nie, maar ook al die kere wat dit soomloos werk. 

Lees ook –  5 ways to ensure a good relationship with your systems administrator.

 

 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.