Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Phishing-poging met die onderwerp “SUNCOM”

’n E-pos vanaf `n sun.ac.za adres met die onderwerp “SAFECOM – 5 / FEBRUARY / 2020” is aan personeel en studente versend. Die e-pos vra dat jy op ʼn skakel kliek om `n boodskap van “SAFECOM” te lees. (sien ook voorbeeld onder)

Hierdie is nie ’n geldige e-pos nie, maar ’n strikroofpoging wat jou sal lei na ’n vals webadres.

Deur op skakels in strikroof e-posse te kliek en jou inligting te verskaf, gee jy aan misdadigers toegang tot jou persoonlike inligting en rekeninge. Indien jy vermoed dat jou rekening of toestel gekompromitteer is of jy agterdogtige aktiwiteite oplet:

  • Verander dadelik jou wagwoord by www.sun.ac.za/password.
  • Kontak die IT Dienstoonbank deur ʼn versoek aan te meld of 808 4367 te skakel.
  • Meer inligting is beskikbaar op ons blog en Twitter.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.