Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Aanlyn Excel opleiding nou beskikbaar

As jy jou Excel-vaardighede wil opskerp het ons net die oplossing vir jou.

Jy kan nou ʼn aanlyn Excel-kursus volg wat al die Microsoft Office Excel 2019 inhoud dek wat jy nodig het om internasionaal gesertifiseer te wees. Dit sal kursusgangers ook help om hulleself te orienteer binne die Office 2019 en 365-omgewing. 

Die kursus vind plaas oor vier dae en daar is vaste opleidingsperiodes waaruit jy kan kies. Die volgende sessie vind 24 tot 27 Augustus plaas.

Die enigste vereistes is dat jy rekenaargeletterd is en oor ʼn tafel- of skootrekenaar, Office365 en ʼn internetverbinding beskik. 

Om in te skryf vir die kursus, kan jy registreer op SUN-e-HR. Navigeer na my.sun.ac.za, kliek op die my.sun.ac.za oortjie en teken aan met jou sun-rekeningdetails. Nadat jy aangeteken het, gaan na Training and development-> Learner Home->Information Technology en die opsie vir die Excel-kursus sal sigbaar wees.

Sodra jy geregistreer is sal StellieTech, die maatskappy verantwoordelik vir die opleiding, jou kontak. Hulle instrukteurs sal saam met jou jou vordering met die opleiding monitor, jou bystaan en sekermaak dat jy op die regte spoor bly met die program.

Die opleidingmateriaal wat gedek word, is presies dieselfde materiaal wat gedek word in StellieTech opleidingsentrums. Al hierdie sentrums voldoen aan globale industriestandaarde en internasionaal geakkrediteerde sertifisering.

Op die platform sal jy julle pre-toetse vind, opleidingsvideo’s, oefen-simulasies, post-toetse en aflaaibare werkboeke. Al die inligting is duidelik uiteengesit op die platform en baie gebruikersvriendelik. 

Meer gedetailleerde inligting oor die Excel-kursus.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.