Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Die ontwikkeling van `n sterker ondersteuningsbasis vir Leertegnologie-stelsels

Oor die afgelope ses maande was dit die verantwoordelikheid van die Leertegnologie-spanne (IT & CLT) om te verseker dat alle studente en personeel optimaal ondersteun word op SUNLearn, SUNOnline en verwante Leertegnologie-stelsels.

As deel van hierdie proses is die getal ondersteuningsagente verhoog, saamgewerk met fakulteitsverteenwoordigers en Gemengde Leer koördineerders en die beskikbare data gebruik om te verstaan waar behoeftes binne die Universiteitsgemeenskap lê.

Die oproepsentrum toegewys aan SUNLearn en ander leertegnologieë is die afgelope naweek opgegradeer deur IT Microsoft-deskundiges. Die opgradering laat nou toe dat personeel en studente die “General SUNLearn support” of “SUNLearn Assessment” ondersteuning kies as die rede vir hulle oproep. Navrae oor toetsing word verwys na meer senior ondersteuningspersoneel voordat dit na die res van die span gestuur word sou die senior personeel besig wees met ʼn ander oproep. Hierdie veranderinge is op versoek van die Universiteit se Ombudsman en die Besigheidskontinuïteit Komitee vir Aanlynleer, sowel as kwaliteisbeheermeganismes en die monitering van die LearnHelp dienstoonbank.

Nuwe ondersteuningspersoneel is tans besig met intensiewe opleiding ter voorbereiding vir ondersteuning gedurende die eksamens en toetse geskeduleer in Oktober. Terselfdertyd is die tweede en derde vlak ondersteuningspanne vir Leertegnologie binne IT besig om voor te berei vir jaarlikse opgraderings en die voltooiing van finale toetsskedules vir enige probleme wat opgeduik het die afgelope drie maande. ʼn Besige tyd lê voor!

Kontak gerus ons ondersteuningspan met enige vrae, veral met die oog op voorbereiding vir einde-van-die-jaar toetsing en aktiwiteite. 

Ondersteuningsure is as volg:

Maandag – Vrydag: 08h00 – 22h00
Saterdag: 08h00 – 16h30

Leertegnologie dienstoonbank
Leertegnologie Oproepsentrum: 021 808-2222

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.