Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Hoekom is MFA krities?

Sekuriteitsrisiko’s en innoverende kuberkriminele is niks nuut nie. Wanneer ons tuis werk, neem hierdie risiko’s beduidend toe. Die enigste wyse hoe ons sekuriteitsbreuke kan bekamp is deur ekstra maatreëls in plek te sit. Veelfaktor-bekragting (MFA) is een hiervan.

Informasietegnologie is tans besig om MFA uit te rol. Die meeste personeel en studente is reeds geregistreer vir MFA. Indien jy nog nie het nie, wil ons vra dat jy dit asseblief dringend doen aangesien dit binnekort nodig gaan wees vir toegang tot sekere dienste. Die eerste groep dienste wat MFA sal vereis is die Microsoft365 toepassings. Dit sluit Outlook en Teams in.

`n Gids met instruksies is onderaan hierdie artikel beskikbaar en al die inligting oor MFA by die Universiteit is beskikbaar op ons dienskatalogus.

WAT IS VEELFAKTOR-BEKRAGTING (MFA)?

Veelfaktor-bekragtiging (MFA) probeer die waarskynlikheid dat iemand toegang tot jou data kan bekom verlaag.  

Dit versterk die sekuriteit van jou GebruikersID deur jou foon, tablet of ander toestel te gebruik om jou identiteit te verifieer wanneer jy toegang tot die Stellenbosch Universiteit se netwerk en hulpbronne probeer bekom. 

Twee items is nodig om by jou inligting uit te kom en dit op te dateer: “iets wat jy weet” (bv. jou wagwoord) en “iets wat jy het” (bv. jou telefoon). Byvoorbeeld, wanneer jy ʼn OTM gebruik, gebruik jy jou kaart om die transaksie te begin – dis “iets wat jy het”. Daarna tik jy jou PIN in – “iets wat jy het”.  Sonder beide hierdie faktore sal jou bekragtiging misluk.  

HOEKOM MOET EK MFA GEBRUIK? 

Dis toenemend makliker om wagwoorde te bekom. Hulle kan geraai, gesteel en gekraak word en die kombinasie van nuwe tegnologie, kuberkraaktegnieke en die beperkte poel van wagwoorde wat gebruik word vir veelvuldige rekeninge, maak dat aanlyn-linligting geweldig kwesbaar is. Jy weet waarskynlik nie eers wie almal jou wagwoord het en op jou rekeninge kan ingaan nie. 

Daarbenewens weet ons uit ondervinding dat mense nie so goed is met die herkenning van gevaarlike eposse soos ons dink nie. Personeel en studente val daagliks vir kuberkrakers se skelmvalstrikke. Dink so daaraan: Jy werk op die Universiteit se finansiële stelsel. Jy kliek op wat lyk soos `n onskuldige skakel en vul jou gebruikersnaam en wagwoord in. `n Krimineel het nou jou inligting en het toegang tot alles waarna jy toegang het. Op dieselfde manier kan toegang tot ons Menslike Hulpbronne-stelsel verkry word. Kuberkrakers kan die stelsel manipuleer vir hulle doeleindes en ook voorkom dat salarisse aan personeel uitbetaal word. Die moontlikhede is eindeloos as iemand toegang het tot gebruikersname en wagwoorde. 

Ons moet stappe neem om te verseker dat ons meer as net een kliek weg is van ʼn gesteelde salaris of om die slagoffer van identiteitsdiefstal te word. 

Veelfaktor-bekragtiging voeg ʼn ekstra vlak van sekuriteit by jou rekening om te verseker dat jou rekening veilig is selfs al iemand anders jou wagwoord. Hierdie tweede faktor van bekragtiging is apart en onafhanklik van die GebruiksID en wagwoord-stap – MFA gebruik nie jou wagwoord nie en sien dit ook nie.

HOE REGISTREER EK VIR MFA?

Registreer deur die stappe in hierdie gids te volg.

Lees meer oor MFA: 

MFA FAQ’s

Terug na basiese beginsels: Veelfaktor-bekragtiging (MFA)

Wat is veelfaktor bekragtiging? En hoekom is dit belangrik?

Video oor MFA deur tech-deskundige Tom Scott.

 

 

Leave a Reply

*

 

© 2013-2021 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.