Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Totsiens van Attie, Hello aan Denisha

Met my naderende aftrede einde Desember het die tyd gekom om totsiens te sê aan my gewaardeerde kollegas. Hoe vinnig het die jare nie gevlieg nie? Na sewe jaar is dit tyd vir verandering en hernieude energie.

Van die hoogtepunte van my kort naelloop is: 

  • Die bekendstelling van prosesformalisering in IT diensbestuur wat voortgevloei het in die institusionele gebruik van die JIRA Diensbestuurplatform. My opregte dank en gelukwensinge aan Nobi, Nobi, Marc-Allen, Courtney, Malanie, Ronel, Leanne en vele ander kollegas wat dit `n sukses gemaak het.
  • Die uittrede van Inetkey en die ruim beskikbaarheid van Internetkapasiteit. 
  • Die vestiging van volwasse dienspraktyke in die IT-afdeling, soos argitektuur, sekuriteit, projeke en diensbestuur. 
  • Die strukturele herorganisasie van die IT-afdeling om dienskontinuiteit, portfoliobestuur met toenemende fokus op akademiese ondersteuning, die hernuwing van besigheidstelsels en diensbestuur te bewerkstellig.  
  • Die modernisering en opknapping van die infrastruktuur van kampusnetwerke en geboue, veral die Extended Learning Spaces projek met nuutste en mees gevorderde oudio-visuele tegnologie; en laastens,
  • om besigheidskontinuiteit met behulp van stelsels en tegnologie gedurende die COVID periode (2020-2021) te verseker.

Dankie vir al julle ondersteuning en die stimulerende uitdagings, veral vir my direkteure en hulle lojale ondersteuning. Ek wens julle `n florerende werksomgewing toe en sukses in al julle ondernemings!

In Januarie 2022 sluit my opvolger, Dr Denisha Jairam-Owthar, julle as Senior Direkteur van Informasietegnologie. Ek het volle vertroue in haar vermoeëns en glo dat die US voordeel sal trek uit haar leierskap.

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.