Neem asb kennis dat weens die vernuwingsproses van die Afdeling Informasietegnologie, die sun-e-HR-stelsel ‘n nuwe aantekenmetode sal verg. Vir alle sun-e-HR stelselgebruikers sal die aantekenskerm verander (skermdruk hieronder).
Die sun-e-HR-stelsel sal steeds gesinchroniseerd wees met u Universiteit Stellenbosch gebruikersnaam en wagwoord. Dit beteken dat daar u steeds met u Universiteit Stellenbosch gebruikersnaam en wagwoord sal aanteken.
Behalwe bogenoemde verandering sal sun-e-HR ook ‘n nuwe webwerfadres kry. U sal egter steeds deur die My.SUN webblad (http://my.sun.ac.za/) toegang tot sun-e-HR verkry.
As gevolg van bogenoemde veranderinge sal die sun-e-HR-stelsel nie beskikbaar wees vanaf 27 Mei 2016 om 17:00 tot 30 Mei 2016 om 08:00.
Indien enige probleme met u aantekenbesonderhede na 30 Mei 2016 ondervind word, skakel asb IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of help@sun.ac.za.
Ons vra verskoning vir enige ongerief.
Informasietegnologie en Menslike Hulpbronne