IT se “Admin Desk” het verlede week talle e-posse uitgestuur om personeel en studente te versoek om rekeninge te heraktiveer. Of het ons? Gelukkig word ons gebruikers nie meer met `n slap riem gevang nie. Of is julle?
Phishing e-posse, wat vra dat jy jou e-posrekening heraktiveer, is uitgestuur vanaf die rekening “The IT Admin Desk”. Twee ander e-posse is gestuur deur “ADMIN TEAM” en “IT SERVICE DESK” vanaf dieselfde bron, gekaapte e-posse by opvoedkundige instellings in Minnesota en Iowa.
Al die e-posse versoek dat jy, deur middel van `n skakel, aanteken om jou rekening te verifieer of opdateer. Een is herlei na `n bediener in Brasilië, die ander Kalifornië.
Moenie reageer op hierdie e-posse nie en moet ook nie na die verskafte webwerfadres gaan nie. Moenie jou gebruikersnaam, wagwoord, of enige ander inligting op die webwerf invul nie.
Universiteit Stellenbosch se Informasietegnologie-afdeling hoef nie jou gebruikersnaam en wagwoord te vra nie. Die enigste plek waar dit nodig is om in te vul is op www.sun.ac.za/useradm, waar jy jou eie rekening bestuur. IT kan jou e-posrekening skuif of opgradeer sonder dat jy enigiets hoef te doen.
Ons e-posse sal altyd herkenbaar wees, in dieselfde formaat en in Afrikaans en Engels.
Indien jy onseker is oor ‘n e-pos, vra vir jou plaaslike rekenaarkundige of kontak die IT Dienstoonbank (021-8084367 of helpinfo@sun.ac.za).
Hier is `n voorbeeld van die phishing e-pos:
From: I, Amscammer
Sent: Thursday, July 14, 2016 5:56 AM
To: 1,Amscammer
Subject: ADMIN TEAM/IT SERVICE DESK/IT HELPDESK/IT SUPPORT/WEBMAIL ADMIN (and all variations you could think of)
Dear E-mail User:-
Take note of this important update that our new webmail has been improved with a new messaging system from Owa/outlook which also include faster usage on e-mail, shared calendar,web-documents and the New 2016 Anti-Spam Version.
Please use the link below to complete your update for our new Owa/outlook improved webmail.
Log on to Outlook Web Access<http://iam.aspammer.com> to update your mailbox.
ITS Help Desk
ADMIN TEAM
©Copyright 2016 Microsoft Outlook
All Right Reserved.
[INLIGTING VERSKAF DEUR DAVID WILES]
Tags: kuberstrikroof
Well spotted Magda! It’s so difficult to warn everyone about ALL the spam messages. So it’s great to know our tips help people to identify it themselves:)
I also received this mail this week. Luckily identified it as SPAM and deleted it immediately.