Volgens die Amerikaanse Departement van Justisie was meer as 17 miljoen Amerikaners in 2014 slagoffers van identiteitdiefstal. EDUCAUSE navorsing het gewys dat 21% van respondente van met die jaarlikse ECAR studente steekproef se aanlynrekeninge gekraak is en 14% se rekenaar, tablet of slimfoon is gesteel. Aanlynbedrog bly `n voortdurende risiko. Die volgende wenke kan help voorkom dat jy `n slagoffer is van identiteitsdiefstal.
- Lees jou kredietkaart-, bank- en betaalstate deeglik elke maand. Kyk vir ongewone of onverwagse transaksies. Onthou ook om te kyk na huidige rekeningkostes en ander belangrike persoonlike rekeninginligting.
- Hersien jou mediese fonds se state en eise. Kyk vir ongewone of onverwagse transaksies.
- Versnipper dit! Versnipper alle dokumente met persoonlike, finansiële of mediese inligting voordat jy dit weggooi.
- Trek voordeel uit jaarlikse gratis kredietverslae. In Suid-Afrika kan TransUnion, Experian en CompuShare hierdie verslae verskaf.
- Indien `n versoek om jou persoonlike inligting vir jou nie reg voel nie, moenie verplig voel om te reageer nie. Regmatige maatskappye sal nie vir persoonlike inligting soos jou ID-nommer, wagwoorde of rekeninge vra deur middel van `n e-pos, advertensie, SMS of foonoproep nie.
- Beperk die persoonlike inligting wat jy deel op sosiale media. Kyk ook na jou privaatheidverstellings elke keer wanneer jy `n toepassing of bedryfstelsel opdateer. (of ten minste elke paar maande)
- Stel `n wagwoord daarop. Beskerm jou aanlyn rekeninge en mobiele toestelle met sterk, unieke wagwoorde of wagwoordfrases.
- Beperk jou gebruik van openbare Wi-Fi. Wees versigtig om gratis, onsekure Wi-Fi te gebruik. Moet dit nie gebruik om toegang tot bankdienste of ander sensitiewe rekeninge te kry nie.
- Beveilig jou toestelle. Enkripteer jou hardeskyf, gebruik `n VPN en maak seker dat jou stelsels, toepassings, anti-virus en inprop-programme op datum is.
Tags: kuberstrikroof, sekuriteit, gemorspos