Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

gemorspos

Hoe om `n phishing e-pos uit te ken

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

Ons kan jou nie teen elke phishing e-pos waarsku nie – daar is bykans elke dag ʼn nuwe variasie. Die enigste persoon wat jou kan beskerm teen phishing-pogings en identiteitsdiefstal, is jyself. Maar, ʼn goeie begin is om te leer om ʼn gevaarlike e-pos uit te ken deur meer oplettend te wees. Kyk uit vir tipiese kenmerke en jou kans om ʼn slagoffer te wees, sal verminder.

phishme_how_to_spot_a_phishTipiese kenmerke

1. Bekende maatskappye as lokaas
Phishing e-posse word gelyktydig uitgestuur na duisende e-posse en dikwels weet die persoon wat dit stuur nie eers wie jy is nie.  Indien jy geen verbintenis het met die maatskappy waarvandaan die e-pos kom nie, is dit waarskynlik vervals.  Byvoorbeeld, as die e-pos deur ABSA gestuur is en jy is ʼn Standard Bank kliënt. Sien ook ons lys van maatskappye wat tipies gebruik word vir phishing onder.

2. Spelling en taalgebruik
Onvanpaste spelling en taalgebruik is gewoonlik ʼn duidelike aanduiding. Kyk uit vir voor-die-hand-liggende spelfoute. 

3. Gebrek aan kliënte-inligting
Phishing e-posse se aanhef is altyd generies. Byvoorbeeld, die e-pos spreek jou aan as “ABSA customer” of “Dear user”, ens. Indien die maatskappy jou werklik wou inlig oor jou foutiewe rekening, sou hulle na jou rekening-inligting of naam in die e-pos verwys het. ʼn Maatskappy sou die moeite doen om hulle kliënt aan te spreek op sy naam en sou hom ook nie vra vir sy inligting nie. Hulle het reeds al jou data. 

4. Spertye/Dringendheid
Phishing e-posse dring daarop aan dat jy dadelik reageer of gee vir jou ʼn kort spertyd. As gevolg van hierdie dringendheid, word jy onder druk geplaas om te reageer voordat jy behoorlik kans gehad het om die e-pos te bestudeer. By voorbeeld, dit dring aan dat jy binne 24 uur aanteken om jou bankdetails te bevestig of jou rekening word gesluit. 

5. Vyandig-gesinde skakels
Deesdae is kuberkriminele al slimmer en steek hulle die werklike URL waarheen skakels gaan beter weg. Maar soms sal jy sien dat die URL wys na ʼn adres wat glad nie verwant is of lyk soos die maatskappy s’n nie. Beweeg jou muis oor die skakel en kyk na die adres wat gewys word. Is dit die maatskappy se regte webwerfadres? Indien nie, is dit ʼn phishing e-pos.

6. Aanhegsels
Phishing e-posse het soms ook aanhegsels wat malware bevat. Indien jy dit oopmaak, installeer dit ʼn klein programmetjie op jou rekenaar waarmee kuberkrakers toegang tot jou rekenaar en inligting verkry. 

Tipiese phishing onderwerpe

• Probleme met rekeninge, byvoorbeeld ʼn rekening of wagwoord wat verval, gekraak is of inligting wat skielik verander het. 
• Kredietkaarte wat verval, gesteel word, ʼn duplikaat kredietkaart of kredietkaarttranssaksies. 
• Bevestiging van bestellings. Byvoorbeeld ʼn versoek om aan te teken en onlangse bestellings of transaksies te bevestig voordat dit afgelewer kan word. 
• Kompetisies waar jy ʼn prys gewen het of iets gratis kry. Beide Woolworths en Pick ‘n Pay is al gebruik in phishing e-posse om hul kliënte te lok om persoonlike inligting te gee. 

Maatskappye wat gebruik word vir phishing

• Enige bekende bank. ABSA en Standard Bank is beide populêre keuses in Suid-Afrika
• Versekeringsmaatskappye, byvoorbeeld Outsurance.
• Internet diensverskaffers
Apple of Microsoft (wat beweer dat jou rekening opgeskort is)
• E-pos verskaffers, byvoorbeeld Gmail of Yahoo
• SARS. (Veral dié tyd van die jaar
DHL of enige afleweringsmaatskappy wat beweer hulle het ʼn pakkie vir jou.
• Mediese fondse, byvoorbeeld, Discovery.
• Jou maatskappy se IT-afdeling
• Casino’s en loterye
• Aanlyn-afspraak webwerwe
• Gewilde webwerwe soos Facebook, MySpace, PayPal, eBay, Microsoft, Apple, Hotmail, YouTube, ens.

ʼn Paar wenke om jou veilig te hou

Moenie  op ʼn skakel kliek as jy onseker is nie. Gaan eerder na die webwerf deur die maatskappy se webadres in te tik. Byvoorbeeld, tik http://www.absa.co.za in jou webblaaier en teken aan op die amptelike webwerf, in plaas van om te kliek op “ABSA URL” in die e-pos.
Moet nooit persoonlike inligting per e-pos stuur nie. Indien ʼn maatskappy jou persoonlike inligting vra, gaan direk na hul webwerf en teken aan op jou rekening soos altyd. As daar ʼn probleem is, behoort daar ʼn kennisgewing van jou bank te wees. 
• As jy nogsteeds onseker is oor die status van jou rekening of bekommerd is oor jou persoonlike inligting, kontak die maatskappy direk d.m.v. die e-posadres op hul webwerf, telefonies of besoek jou plaaslike tak. 
• Vee die e-pos uit, moenie op die skakels kliek nie en moenie inligting invul nie.
Indien jy reeds jou inligting ingevul het, verander dadelik jou wagwoord of PIN en kontak die instelling om hulle in kennis te stel.
•  Om gemorspos of phishing e-pos aan te meld, 
stuur ʼn e-pos aan sysadm@sun.ac.za met SPAM as onderwerp met die e-pos aangeheg. IT stelseladministrateurs kan dan die e-pos blok en sodoende ook ander personeel daarteen beskerm.

[BRON: www.computerhope.com]

(English) How do I report phishing?

Dinsdag, Oktober 5th, 2021

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) “Cryptocurrency” scam email

Woensdag, Maart 28th, 2018

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) E-mail scam with subject: “morning”

Woensdag, Desember 13th, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Nigerian 419 Advance Fee scam

Woensdag, November 29th, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.