Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Registreer vir ServiceNow

Informasietegnologie (IT) implementeer binnekort ServiceNow, ʼn nuwe versoekrapporteringstelsel vir alle US-personeel en -studente. Dis egter nodig dat jy eers ʼn eenvoudige proses volg om te registreer. Gaan na www.sun.ac.za/infoteg en kliek op die Register for ServiceNow opsie.

ServiceNow is ʼn eenstopdiens waar jy kan tred hou met alle IT-verwante versoeke. Met hierdie multifunksionele platform kan ons dienste aan kliënte meer vaartbelyn uitgevoer word en ons ook meer effektief optree.

Binne sekondes kan jy, of iemand namens jou, jou versoek aanlyn plaas. Jy kan versoeke aanteken, IT-dienste aanvra, jou versoekstatus nagaan en ʼn kennisdatabasis raadpleeg. Al hierdie funksies is beskikbaar vanaf enige toestel, enige tyd, met behulp van ʼn webgebaseerde IT selfdiensportaal of Android en iOS toepassings.

Neem kennis dat hierdie slegs die prosedure vir registrasie is. Sodra jy aangeteken het, kan jy weer die webblad toemaak. Ons vra dat jy sal probeer om nog nie versoeke aan te teken nie, aangesien ons eers vir almal ʼn kans wil gee om te registreer voordat ons die stelsel lewendig maak. Wanneer die registrasieproses van gebruikers voltooi is, sal ons jou per e-pos en nuusbrief in kennis stel en kan jy die stelsel begin gebruik.

Vir enige navrae of terugvoer, kontak gerus die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of help@sun.ac.za

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.