Informasietegnologie het onlangs ʼn nuwe, gebruikersvriendelike versoek en insident aanmeldingstelsel vir personeel en studente in werking gestel. Ons doelwit was om die nuwe stelsel op so ʼn manier uit te rol dat julle nie beïnvloed word nie en die proses om versoeke aan te meld eenvoudig bly. Die enigste verskil is ʼn nuwe, skoon en gebruikersvriendelike uitleg. Ons wil jou daarom ook aanmoedig om voortaan gebruik te maak van die aanlyn aanmeldingstelsel, of te wel ICT Partner Portal, om vinniger diens te verseker.
Om dienste te versoek, teken aan op ons ICT Partner Portal by servicedesk.sun.ac.za.
Die ICT-portaal is die sentrale punt waar jy maklik al jou IT-verwante versoeke kan aanteken, sonder om die IT Dienstoonbank te kontak. Hier sal jy ook kan aanlyn kan tred hou met die vordering van jou versoeke.
Sodra jy ʼn diens versoek of ʼn insident of fout aanmeld, sal die stelsel outomaties ʼn versoeknommer aan jou toewys. Die versoeknommer verskyn ook in alle e-pos korrespondensie en opdaterings wat verband hou met jou versoek. Dit verseker dat verwante versoeke saam gegroepeer word en jou informasie makliker toeganklik en geïntegreer word.
Alhoewel die platform se koppelvlak verskillend lyk as die vorige een, sal jy steeds dieselfde aksies kan uitvoer. Alle personeel en studente is outomaties geregistreer as gebruikers – teken net in by servicedesk.sun.ac.za met jou US gebruikersnaam en wagwoord.
Die nuwe koppelvlak lyk so:
Alternatiewelik, indien jy verkies om nie die ICT-portaal te gebruik nie, kan jy ʼn e-pos stuur aan help@sun.ac.za. Die stelsel sal outomaties ʼn versoek aanteken in reaksie op die e-pos. Hou asseblief in gedagte dat hierdie metode moontlik langer kan neem omdat die versoek eers geklassifiseer moet word deur ʼn dienstoonbankagent.
Indien jy onlangs op hierdie wyse diens versoek het, sou jy opgemerk het dat die bevestiging e-pos verskillend lyk as voorheen. (sien voorbeeld onder) Jou e-pos sal ʼn verwysingsnommer, byvoorbeeld ICT-123, jou naam en ʼn skakel waarop jy kan kliek om jou versoek te sien, insluit. Deur op die skakel te kliek, sal jy herlei word na die ICT-portaal waar jy die na status van jou versoek kan kyk en ook kommentaar los vir die betrokke tegnikus.
Die nuwe bevestiging e-pos lyk as volg:
Tags: kontak ons, log a call, log a request, log an incident