Die Universiteit Stellenbosch Biblioteek Innovasieruimte is ‘n lewendige, gebruikergesentreerde spasie wat deur tegnologie versterk word om leer en digitale geletterdheid by die Universiteit Stellenbosch te bevorder. Ontwerp- en konstruksiewerkstasies kan bespreek word. Die volgende programmatuur, gereedskap en toerusting is beskikbaar:
- 3D-drukwerk & 3D-skanderingsdienste
- AutoDesk sagteware
- Arduino UNO en Raspberry Pi
- Solderingstasies
- Osiloskope
- Dremel en handgereedskap
Waar:
Boonste vlak, Universiteit Stellenbosch Biblioteek
Bespreek ‘n besoek: