Soos ons die nuwe, akademiese jaar betree is daar baie verwagtinge, bekommernisse, opgewondheid en geleenthede wat wag. Danksy die pandemie het SUNLearn die sentrale platform vir leer, onderrig en waardebepaling geword, net soos ons dit in ons geestesoog voorgestel het.
Met dit in ag geneem, `n stelsel of ekosisteem van platforms en hulpbronne is slegs so goed as die mense wat dit gebruik en ondersteun. Die Leertegnologiespan is geleë in beide die Sentrum vir Leertegnologie en in Informasietegnologie. Hierdie twee spanne verseker dat beide stelsels (IT) en die eindgebruikers (CLT) ondersteun word sodat die behoeftes vir die verskillende metodes van dienslewering vir Leer en Onderrig aan die universiteit ondersteun word.
Gee ons die geleentheid om vir jou `n bondige oorsig te gee van wie ons is en wat ons doen.
Leertegnologie-stelsels: Akademiese IT
Hierdie span word bestuur deur Lianne Keiller wat in die pos van Verhoudingsbestuurder vir die Leer- en Onderrigverantwoordelikheidsentrum haar pligte vervul. Haar primêre rol is om te verseker dat die fakulteite en Afdeling vir Leer- en Onderrigbevordering ondersteun word wanneer hulle toegang tot IT-dienste benodig en dat IT reageer op die behoeftes van hierdie omgewings.
Binne hierdie span werk Mphonyana Wessels direk met verskaffers wat derde party programmatuuroplossings bied aan Leer en Tegnologie. Haar primêre rol is om gesprekke te fasiliteer tussen die fakulteite se gemengde leer koördineerders, die eindgebruiker-ondersteuningspan en Akademiese IT. Mphonyana tree ook op as die direkte lynbestuurder vir die Uitgebreide Leertegnologie-ruimtes (ELS) ondersteuningspanne. Die ELS-projek leen dit tot in-klas stroming vir studente wat nie fisies op kampus is nie.
Lucky Liremi is die inwonende tegniese ghoeroe in die LTS-span. Sy werk is om te verseker dat alle ondersoeke van die agtergrond-ondersoeke, stelsels en toetsing gedoen word. Lucky werk saam met ons interne en eksterne vennote om so vinnig moontlik te reageer op enige versoeke wat personeel en studente maak ten opsigte van SUNLearn, SUNStream en enkele ander stelsels.
Aphiwe Ngunge kan gesien word op kampus waar hy beweeg tussen die IT HUB en die IT-gebou. Aphiwe is beskikbaar om studentenavrae oor SUNLearn te beantwoord en/of om een-tot-een opleiding aan studente te verskaf om te verseker dat hulle optimaal benut wat SUNLearn aan hulle kan bied.
Leertegnologieë Ondersteuningstoonbank
Morris Samuels bestuur sy span as Raadgewer in die CLT-omgewing. Met sy span van vier personeellede streef hulle om `n wye reeks dienste te verskaf wat leer en onderrig deur die gebruik van tegnologie doenbaar maak en waar moontlik, verbeter. Dié vyf-lid ondersteuningspan verskaf ondersteuning vir `n verskeidenheid navrae. Twee addisionele personeellede is onlangs aangestel om spesifiek uit te help met Hibriede-leer navrae.
Met meer as 30 000 aktiewe gebruikers op SUNLearn is dit dikwels `n uitdaging om intyds te reageer soos versoeke en navrae inkom. Die meerderheid navrae word binne een uur beantwoord en dit is hulle doel om die omkeertydperk van ondersteuningsnavrae te verbeter.
Alle navrae kan gemaak word by:
https://learnhelp.sun.ac.za of per telefoon by 021 808-2222
Wat die dienstoonbank bied:
- Telefoniese ondersteuningsdiens
- Basiese SUNLearn-opleiding vir personeel
- Departmentele opleiding
- Individuele konsultasies
- Telefoniese en dienstoonbankondersteuning vir e-waardebepaling
Tipes navrae waarmee die dienstoonbank kan help:
Komponent |
Beskrywing |
SUNOnline |
SUNOnline kursusnavrae deur fasiliteerders en deelnemers |
Waardebepalling |
Opstel van waardebepallings, versoeke vir waardebepaling-monitering, studentenavrae |
SUNLearn Teams-ondersteuning |
Activeringsversoeke vir modules op Teams-ruimtes |
Stroom- and klasopnames |
SUNStream Techsmith Relay |
Camtasia Studio |
Opleiding, lisensieversoeke, Foutopsporing |
Derdeparty funksie-ondersteuning |
Cengage, Matlab, Mcgraw-Hill, programmatuur, fakulteit e-boeke |
Respondus |
Respondus, Exam view, Lockdown browser & Monitor
|
SUNLearn-funksie versoeke |
Moodle plugin en nuwe funksie versoeke |
Turnitin-versoeke |
Turnitin taakverstellings, versoeke om verhandelings te verwyder, algemene foutopsporing |
Ondersteuning aan dosente |
Raadgewend, riglyne en opleiding |
Kliekers |
SUNLearn klieker hulpmiddel, bespreking van klieker-toestelle |
Navrae wat die Leertegnologie-ondersteuningspan nie mee kan help nie:
- Wagwoord verval – Kontak asseblief help@sun.ac.za vir hierdie navrae.
- SUN-toegang en gebruik – Kontak asseblief help@sun.ac.za vir hierdie navrae.
- Kortkursus-registrasie of die uitreik van sertifikate – Kontak asseblief Kort Kursusse-afdeling vir hierdie navrae.
- BYOD (Bring Your Own Device) bedienerprobleme en -ondersteuning -Kontak asseblief jou RGA-bestuurder vir hierdie navrae.
- Finale oplaai van tesisse – Kontak asseblief scholar@sun.ac.za
- Dié afdeling is ook nie verantwoordelik vir biblioteekverwante toegang of gebruik nie en is gevolglik nie in staat om hierdie tipe navrae te kan beantwoord nie.
[ARTIKEL DEUR LIANNE KEILLER]