Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

ELS – Nie net nog `n akroniem nie!

Extended Learning Spaces is sedert die projek verlede jaar geloods is `n gesprekspunt. Dié projek se doel is om te verseker dat alle lesinglokale wat gereeld deur studente en personeel gebruik word, ingerig is sodat studente virtueel en in-persoon dieselfde ondervinding kan hê

Omdat ons vir die aflewering van hardeware van oorsese verskaffers moes wag was daar `n effense vertraging. Ons is egter in ons noppies om te kan sê dat Akademiese IT nou besig is om te verseker dat klaskamers wat reeds opgestel is volledige ondersteuning kry. Ons doen dit in samewerking met die fakulteite se RGA-spanne en IT-personeel. 

Vir dosente wat hulp nodig is, is die volgende beskikbaar:

  1. Opleiding in die gebruik van toestelle en sagteware.
  2. Probleemopsporing as foute teëgekom word.
  3. Intydse virtuele of in-persoon ondersteuning

 

Hoe kry jy die hulp wat jy nodig het?

 

 

Die Leertegnologieë Ondersteuninngstoonbank kan gebruik word vir nie-kritiese navrae of om opleiding aan te vra.

 

Vir onmiddellike bystand:

 

Skakel 021 808-2999   
Skandeer die QR-kode  
Kontak ons op MS Teams  

[ARTIKEL DEUR LIANNE KEILLER]

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.