%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20240519161854+00'00') /ModDate (D:20240519161854+00'00') /Title (IT-artikels) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 11 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 2976 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 327.250 521.469 419.484 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 327.625 520.719 418.734 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 617.359 m 550.984 617.359 l 550.984 618.109 l 61.016 618.109 l f 1.000 1.000 1.000 rg BT 278.868 698.693 Td /F1 10.5 Tf [(POST LIST)] TJ ET 0.200 0.200 0.200 rg BT 212.789 670.111 Td /F1 14.4 Tf [(INFORMASIETEGNOLOGIE)] TJ ET BT 221.824 643.466 Td /F1 11.7 Tf [(INFORMATION TECHNOLOGY)] TJ ET BT 61.016 583.841 Td /F1 14.4 Tf [(IT GEBRUIKERSDIENSTE SPEEL VADER KERSFEES)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 564.033 Td /F3 9.0 Tf [(Informasietegnologie se Gebruikersdienste-afdeling het hierdie jaar besluit om hul kersfeespersente te verruil vir `n )] TJ ET BT 61.016 553.044 Td /F3 9.0 Tf [(glimlag op iemand anders se gesig.)] TJ ET BT 61.016 533.055 Td /F3 9.0 Tf [(Elke jaar ruil personeellede van IT Gebruikersdienste geskenke uit om waardering teenoor hulle kollegas te  betoon. )] TJ ET BT 61.016 522.066 Td /F3 9.0 Tf [(Hierdie jaar het hulle saam besluit om die geld op `n beter manier aan te wend en `n klein verskilletjie in iemand minder )] TJ ET BT 61.016 511.077 Td /F3 9.0 Tf [(bevoorreg se lewe te maak - veral die tyd van gedurende Kersfees wanneer dit die nodigste is.)] TJ ET BT 61.016 491.088 Td /F3 9.0 Tf [(Die keuse van `n organisasie was nie `n maklike taak nie, maar op die ou end is daar besluit om deel te neem aan )] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 61.016 480.099 Td /F3 9.0 Tf [(Universiteit Stellenbosch \(US\) se Werknemers-vrywilligersprogram se Hospice-projek)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 61.016 478.948 m 401.072 478.948 l S 0.400 0.400 0.400 rg BT 401.072 480.099 Td /F3 9.0 Tf [( om speelgoed in te samel vir )] TJ ET BT 61.016 469.110 Td /F3 9.0 Tf [(kinders. Elke personeellid het R50-00 bygedra en met die somtotaal van R2200-00 is geskenke gekoop vir kinders van 4 )] TJ ET BT 61.016 458.121 Td /F3 9.0 Tf [(tot 16 jaar.)] TJ ET BT 61.016 438.132 Td /F3 9.0 Tf [(Dit het egter nie net by geskenke koop gebly nie! Personeel het besluit hulle wil ook self die toedraaiwerk doen en die )] TJ ET BT 61.016 427.143 Td /F3 9.0 Tf [(afgelope Vrydagmiddag het almal skouer aan die wiel gesit en geknip en plak totdat net `n berg pakkies oorgebly het.)] TJ ET BT 61.016 407.154 Td /F3 9.0 Tf [(Ons wil ander afdelings uitdaag om ook eerder hulle geskenk- of funksiegeld vir `n goeie doel aan te wend. Die meeste )] TJ ET BT 61.016 396.165 Td /F3 9.0 Tf [(van ons het reeds alles wat ons nodig het, maar daar is  ander wat geen vooruitsig hierdie Kersfees het nie. `n Klein )] TJ ET BT 61.016 385.176 Td /F3 9.0 Tf [(geskenkie sal `n verskil in iemand anders se lewe en nie `n groot gat in jou sak maak nie.)] TJ ET BT 61.016 365.187 Td /F3 9.0 Tf [([gallery orderby="rand"])] TJ ET BT 61.016 345.198 Td /F3 9.0 Tf [(Posted in:Gemeenskapsinteraksie,Algemeen | | With 0 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 12 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 61.0157 479.2666 401.0717 488.4241 ] >> endobj 12 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://blogs.sun.ac.za/news/af/2011/11/30/let-us-spread-some-joy-this-festive-season/) >> endobj xref 0 13 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000294 00000 n 0000000323 00000 n 0000000458 00000 n 0000000540 00000 n 0000003568 00000 n 0000003680 00000 n 0000003787 00000 n 0000003903 00000 n 0000004030 00000 n trailer << /Size 13 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 4167 %%EOF Gemeenskapsinteraksie « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Gemeenskapsinteraksie

IT Studentesentum help met gemeenskapsprojek

Vrydag, Mei 24th, 2013

IT se Studentesentrum het onlangs hand bygesit by die opstelling en installasie van tien splinternuwe rekenaars vir Kylemore Sekondêre Skool se biblioteek. Die rekenaars is deur `n privaatmaatskappy geskenk om die skool te bemagtig om `n gemeenskapsprogram te begin vir die ontwikkeling van rekenaarvaardighede.

 

“I just wanted to say a massive *THANK YOU* to you and your amazing team for all your IT assistance with the donated computers at Kylemore Secondary School.  

I was there to meet your team this afternoon and they did a simply phenomenal job of getting them up and running in record-breaking time.  The team were so helpful and the school is absolutely delighted to have ten working computers in their new library!  We are going to start the community computer skills training programme very soon and this would not have been possible without you and Student IT Services! 

Thank you so much once again for all your efforts – I really, really appreciate all your hard work!” – Linda Brash, Kylemore Secondary School 

 

 

 

 

 

Wil jy dié Kersfees iets teruggee?

Donderdag, Desember 13th, 2012

Jy het dit dalk al oorweeg om uit te help met liefdadigheidswerk, of dit nou geld insamel, vrywilligerswerk, of Kersfeesgeskenke vir minderbevoorregte kinders koop, is. Maar hoe weet jy watter organisasies regtig hulp nodig het en hoe gaan jy te werk om hulle te help?

Gelukkig is daar `n stigting soos die Stellenbosch-gebaseerde GivenGain wat spesifiek daarop gemik is om `n platform aan hierdie organisasies te bied.

Die GivenGain-groep is in Julie 2001 gestig deur twee broers wat geinspireer is deur die idee dat dit beter is om te gee as om te ontvang. Elf jaar later loop die maatskappy van krag tot krag, strek dit oor die Suid-Afrikaanse grense tot in Switserland en het dit `n integrale deel geword van `n georganiseerde, privaat, nie-winsgewende sektor.

Gedurende hierdie tydperk het die GivenGain Stigting reeds R400 miljoen in donasies ingesamel.

Die stigting help nie-winsgewende organisasies om sterk, volhoubare befondsingmodelle te bou en help individue om ook ongelooflike doelwitte te bereik terwyl hulle geld insamel vir hulle gunsteling instansie. Die GivenGain-platform stel nie-winsgewende organisasies in staat om hul fondsinsameling veilig, vinnig en koste-effektief aanlyn te bestuur en gee aan individue die geleentheid om namens organisasies aanlyn fondse in te samel vir spesifieke projekte.

Om jou gunsteling nie-winsgewende organisasie  dié Kersfees te ondersteun, gaan na www.givengain.com/causes en soek volgens organisasie of sleutelwoord. Of wil jy ‘n Kersfeesprojek opstel ten bate van ‘n organisasie en jou vriende uitnooi om dit te ondersteun? Ondersoek gerus die Aktivis-inisiatief by www.givengain.com/learn/activists/

Vir meer inligting, gaan kyk by www.givengain.com of stuur `n e-pos aan  support@givengain.com

CHOC-huise bied `n “tuiste weg van die huis”

Dinsdag, Desember 11th, 2012

CHOC Childhood Cancer Foundation SA is `n nasionale organisasie wat toegewy is aan die ondersteuning van kinders, en hulle families, wat die stryd teen kanker of ander lewensbedreigende, bloedverwante siektes veg.

CHOC Wes-Kaap het drie fasiliteite wat `n “tuiste weg van die huis” bied vir benadeelde families wat langafstande moet reis vir behandeling. Die Tygerberg CHOC herberg verskaf hulp aan families wat behandeling ontvang by Tygerberg Kinderhospitaal, terwyl CHOC House Plumstead families huisves van die Rooi Kruis Kinderhospitaal en Groote Schuur Hospitaal.

Vroeër die jaar het, Wendy Robyn van IT se netwerkafdeling besluit om geskenke in te samel vir die kinders van hierdie huise. IT-personeel het 22 geskenke gegee en die pakkies is verlede week by die Tygerberg  CHOC Lodge afgelewer. Van die geskenke sal aan pasiënte by die Pediatriese Onkologie Afdeling in Tygerberg gegee word en die oorblywende geskenke sal na die Rooi Kruis Kinderhospitaal geneem word.

Hierdie stigting ontvang geen ondersteuning van die regering nie en is afhanklik van donasies en finansiële ondersteuning van die publiek. Hulle is dus afhanklik van enige hulp wat jy kan en bereid is om te gee. Vir meer inligting, kliek op die skakel onder of kontak Lynette direk by lynette.muthuray@choc.org.za.

Lees meer oor CHOC SA.

IT Gebruikersdienste speel Vader Kersfees

Maandag, Desember 10th, 2012

Informasietegnologie se Gebruikersdienste-afdeling het hierdie jaar besluit om hul kersfeespersente te verruil vir `n glimlag op iemand anders se gesig.

Elke jaar ruil personeellede van IT Gebruikersdienste geskenke uit om waardering teenoor hulle kollegas te  betoon. Hierdie jaar het hulle saam besluit om die geld op `n beter manier aan te wend en `n klein verskilletjie in iemand minder bevoorreg se lewe te maak – veral die tyd van gedurende Kersfees wanneer dit die nodigste is.

Die keuse van `n organisasie was nie `n maklike taak nie, maar op die ou end is daar besluit om deel te neem aan Universiteit Stellenbosch (US) se Werknemers-vrywilligersprogram se Hospice-projek om speelgoed in te samel vir kinders. Elke personeellid het R50-00 bygedra en met die somtotaal van R2200-00 is geskenke gekoop vir kinders van 4 tot 16 jaar.

Dit het egter nie net by geskenke koop gebly nie! Personeel het besluit hulle wil ook self die toedraaiwerk doen en die afgelope Vrydagmiddag het almal skouer aan die wiel gesit en geknip en plak totdat net `n berg pakkies oorgebly het.

Ons wil ander afdelings uitdaag om ook eerder hulle geskenk- of funksiegeld vir `n goeie doel aan te wend. Die meeste van ons het reeds alles wat ons nodig het, maar daar is  ander wat geen vooruitsig hierdie Kersfees het nie. `n Klein geskenkie sal `n verskil in iemand anders se lewe en nie `n groot gat in jou sak maak nie.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.