Die internet het sy opwagting gemaak in die laat 1980s en vroeë 90s. Die infrastruktuur wat dit ondersteun is egter al sedert 1839 beskikbaar.
Vandag word ons internetverkeer hoofsaaklik gefasiliteer deur ondersese kabelstelsels vanaf Europa en Amerika.
ʼn Ondersese kommunikasiekabel word op die seevloer tussen stasies op land gelê, met die doel om telekommunikasie seine oor gedeeltes van die oseaan stuur. Voor die internet is hierdie kabels gebruik vir ander tipes kommunikasie, byvoorbeeld telefone en telegramme.
Lê van `n ondersee kabel in Kaapstad
|
Na die ontwikkeling van die telegraaf in 1839, het die moontlikheid van ʼn ondersese lyn oor die Atlantiese oseaan na ʼn sterk moontlikheid begin lyk. Samuel Morse het in 1842 dit reggekry om, onderwater in New York se hawe, ʼn telegram te stuur met ʼn draad geïsoleer met teer-hennep en Indiese rubber.
Die eerste ondersese kabel in Suid-Afrika is op 27 Desember 1879 van stapel laat loop en vir die eerste keer is Suid-Afrika direk verbind aan Europa. Die verbinding is moontlik gemaak deur die East Coast cable of the South African Telegraph Company via Durban en Zanzibar na Aden.
Vandag optiese vesel tegnologie gebruik om digitale data te versend en dit sluit telefone, internet en private dataverkeer in.
Moderne kabels is gewoonlik ongeveer 25 millimeter in deursnee en weeg ongeveer 1.4 kilogram per meter vir die gedeeltes diep onder die see, wat die grootste deel in beslag neem en groter en swaarder kabels vir die vlakwater gedeeltes naby die strand.
Die jongste toevoeging tot ons telekommunikasie infrastruktuur is gemaak in Mei 2012 met die aanlê van die West Africa Cable System (WACS). Die 17 200 kilometer vesel optiese kabel begin by Yzerfontein aan die weskus en eindig by die Verenigde Koninkryk. (Meer oor die WACS-stelsel)
[BRONNE: www.mybroadband.co.za & https://en.wikipedia.org]