Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

E-pos

Selfs e-posse kan gekaap word

Vrydag, November 21st, 2014

1102037_mailDie afgelope tyd word daar toenemend kuberstrikroof-gevalle aangemeld by IT. Die voorkoms hiervan is niks nuut nie, ons het reeds aan die begin van die jaar verslag gedoen oor `n voorval op Tygerberg.

Die risiko van kuberstrikroof, of te wel phishing groei by die dag as gevolg van ons groeiende gebruik van sosiale media soos Facebook, Twitter, Instagram ens. Dis ook hierdie groot webwerwe wat geteiken word omdat daar soveel potensiële data is om te gebruik.

Al hierdie groot webwerwe vereis `n wagwoord en ongelukkig is daar die geneigdheid om dieselfde wagwoord deurlopend te gebruik. Sodra `n kuberkrimineel dus een wagwoord bekom het, het hy toegang tot al jou sosiale netwerke, maar ook tot meer inligting. As jy jou sun-adres op hierdie tipe sosiale netwerke gebruik, stel jy ook die US bloot.

Indien kuberkriminele toegang tot jou sun posbus kry, het hy nie net toegang tot al jou eie en US-inligting nie, maar kan hy ook in jou naam massa e-posse stuur. Die resultaat hiervan is dat die US e-posbedieners lam gelê word deur die onhanteerbare hoeveelheid e-pos en dit implikasies het vir alle gebruikers op kampus.

Tweedens doen dit jou naam skade aangesien jy gesien word as die verantwoordelike persoon, al is jy nie die skuldige nie. Jou adres kan selfs geblok word deur ander bedieners weens hierdie optrede. In `n onlangse geval het IT bewus geword van `n personeellid wat `n slagoffer was van phishing nadat die kantoor van die Vise-President, Cyril Ramaphosa, `n klagte ingedien het.

Moet nooit jou US gebruikersnaam en wagwoord op enige eksterne webwerf gebruik vir toegang nie. Registreer vir jou `n unieke e-pos adres by Google (www.gmail.com), Yahoo of enige gratis e-pos verskaffer. Op so `n manier hou jy jou privaat en werksinligting apart en verminder jy die risiko dat jou e-pos die oorsaak is dat toegang bekom word tot stelsels en sensitiewe inligting.

Addisionele inligting oor phishing kan ook op ons wiki gevind word.

(English) Phishing scam warning: Your Apple Profile Suspension

Maandag, November 3rd, 2014

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

“Public folders” vs “resource mailboxes”

Vrydag, Oktober 24th, 2014

Indien jy tot dusver public folders gebruik het om vergaderings en geleenthede in jou departement te reël, is daar nou `n moontlik makliker en meer praktiese opsie vir jou beskikbaar.

Deur `n e-pos te stuur aan help@sun.ac.za kan jy versoek dat jou public folders omgeskakel word na “resource mailboxes” of jy kan versoek dat nuwe resource mailboxes geskep word.

Maar hoekom sou jy eerder `n resource mailbox wou gebruik i.p.v. public folders?

  • As jy `n vergaderingversoek na `n resource mailbox stuur, sal die posbus dadelik die versoek aanvaar of verwerp.
  • Dit gebeur outomaties sonder die hulp van `n persoon.
  • Jy hoef nie bekommerd te wees oor dubbele besprekings vir dieselfde dag of tyd in dieselfde lokaal nie.
  • Jou vergaderingversoek kan nie verander of verwyder word nie.
  • Slegs die eienaar van die “resource mailbox” kan vergaderingversoeke verander of verwyder.

Wat is public folders?

“A public folder is a feature of Microsoft Exchange Server that provides an effective way to collect, organize, and share information with others in an organization. Typically, public folders are used by project teams or user groups to share information on a common area of interest. When you are connected to your Exchange server, folders labelled “Public Folders” appear in the Microsoft Outlook Folder List in the Navigation Pane. You can manage these folders from Outlook. Public folders can contain any type of Outlook folder item such as messages, appointments, contacts, tasks, journal entries, notes, forms, files, and postings. You can also add a shortcut to any public folder to the Favorites folder under Public Folders.” (http://office.microsoft.com)

Tot dusver het “public folders” so gelyk:

1
2
Wat is `n resource mailbox?

“A resource mailbox is a mailbox that represents conference rooms and company equipment. Resource mailboxes can be included as resources in meeting requests, providing a simple and efficient way to manage the scheduling of resources for your organization.

Room mailboxes are assigned to a meeting location such as a conference room, auditorium, or training room. Equipment mailboxes are assigned to a resource that is not location specific, such as a portable computer projector, microphone, or company car.” (http://blogs.technet.com)

Dis hoe die nuwe resource mailboxes lyk: 

3
Hoe voeg ek `n resource mailbox in MS Outlook 2010 by?

Stuur `n e-pos aan help@sun.ac.za en versoek dat jou public folders omskep word in resource mailboxes. Indien jy bevestiging kry dat dit gedoen is, volg hierdie stappe:

Skep `n nuwe vergaderingversoek en selekteer All Rooms in die adresboek.

4
Beweeg af na die kamer wat jy wil byvoeg by die resource mailbox
5
BAIE BELANGRIK: Neem kennis wat die Alias is vir latere gebruik.
6
Kliek op File, Info, Account Settings
7
Kies jou e-posadres en kliek op Change
8
Kliek op More Settings
9
Tik die naam van die resource mailbox wat jy wil byvoeg. Onthou daai Alias van vroeër? Dis wat jy hier wil byvoeg. 
10
Kliek Apply, OK, Next, Finish
11
Gaan terug na die Home-knoppie en kliek op Folder List
12
Die bygevoegde resource mailbox sal wys
13
Kliek op Calendar om die kalender vir die resource mailbox te wys.

Verloor jou selfoon, verloor jou inligting

Vrydag, Oktober 24th, 2014

As iemand nou jou slimfoon moet steel, tot watter inligting sal hy toegang kan kry? Jou smse? Jou bankdetails? Jou privaatdokumente wat op jou e-pos gestoor is of sensitiewe werksdokumente?

En tog, ons dra al hierdie belangrike inligting elke dag saam met ons, stap en gesels in die openbaar op ons telefone en is eintlik binne bereikafstand vir enige opportunistiese grypdief. Maar daar is ook ander maniere om by jou inligting uit te kom deur middel van “spyware” en ander verdagte sagteware.

Hoe meer ons slimfone gebruik om ons lewens te organiseer en te beplan, hoe meer stel ons onsself bloot en ongelukkig is dit wel so dat slimfoondiefstal al meer toeneem.

Daar is egter maatreëls wat jy kan tref om te voorkom dat jy nie `n slagoffer word nie.

smartphone-icon-1340911-m1. WAGWOORD OF PIN

Hierdie is jou eerste en belangrikste voorsorgmaatreël. Sonder `n PIN of wagwoord het enigiemand wat jou selfoon in die hande kry, toegang tot jou e-pos, bankdetails, sms’e en persoonlike inligting.

En Microsoft se Hoof: Aanlynsekuriteit, Jacqueline Beauchere, stem saam. “Using a PIN or unique password is the single most important thing to do as a user of a smartphone to protect the device, the data and your reputation.”. Volgens Beauchere is die data op jou selfoon ook meer onlangs en op datum as die op jou rekenaar, wat die risiko nog meer verhoog.

2.SELFOONTOEPASSINGS

Wees versigtig watter toepassings jy aflaai en waar jy dit aflaai. Dis wonderlik om `n toepassing te kry wat jou lewe meer stroombelyn kan maak of wat pret kan verskaf, maar weeg die voordele en risikos teen mekaar op.

Al lyk `n toepassing hoe oulik, laai eerder net by bekendes soos iTunes, Google Play, Amazon, ens. af. Doen ook `n bietjie navorsing. Lees wat ander gebruikers daaroor sê, hoeveel punte gee hulle die toepassing, was daar enige probleme daarmee?

3. VERDAGTE SKAKELS

Volgens navorsing kliek mense 3 keer makliker op `n skakel op hul fone as op hul rekenaars. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat die skerm kleiner is en jy moeilik kan identifiseer of die skakel verdag is.

Oppas vir skakels wat via sosiale netwerk, sms of e-pos vir jou gestuur word en persoonlike inligting vra. Op dié manier stel jy jou bloot vir identiteitsdiefstal.

4. ONSEKURE WI-FI

Wees versigtig hoe jy oop wi-fi punte soos die in koffiewinkels, winkelsentrums, en ander openbare plekke, gebruik. Omdat dit nie sekuur is nie, word jou inligting onveilig deur die lug versend. Enige anderpersoon kan dit onderskep gedurende versending. As jy banksake wil doen of met sensitiewe informasie wil werk, doen dit liewer by die huis of werk waar jy weet die wi-fi sekuur is.

5. SPYWARE

Sonder `n wagwoord kan kuberkriminele spyware op jou selfoon laai en jou sms’e, e-posse, banktransaksies en ligging maklik nagaan. Om te voorkom dat daar spyware op jou selfoon beland, aktiveer `n wagwoord of PIN, maar laai ook op Google Play of iTunes vir jou `n betroubare toepassing af wat spyware en virusse kan opspoor en verwyder.

Meer gedetaileerde inligting oor selfoonsekuriteit is beskikbaar op wikipedia.

[BRONNE: www.rd.com, www.computerworld.com]

Die wolk is oppad

Vrydag, September 26th, 2014

24726-cloud-outline-vector

Binne die volgende paar maande gaan Matie-studente e-pos kan stuur soos nooit tevore.

As jy `n gereelde Twitter-gebruiker is of soms in die Neelsie of Biblioteek ronddwaal, het jy waarskynlik al kennisgewings opgemerk wat verwys na die “cloud”. Moenie bekommerd wees nie – ons verwys nie na die ontwykende son en tipiese Kaapse weer nie. Inteendeel, hierdie wolk bring goeie nuus.

Studentegetalle het oor die afgelope paar jare met rasse skrede toegeneem en daarmee saam die behoefte vir meer e-pos stoorspasie. Tot hede is alle studente se e-pos gehuisves op die universiteit se bedieners, maar spasie is besig om uit te loop. Die dae van e-pos op plaaslike bedieners huisves, is iets van die verlede.

Sedert verlede jaar ondersoek Informasietegnologie moontlike oplossings vir die probleem en die gevolgtrekking is gemaak dat Office 365 die beste keuse vir studente e-posse is. MS Office en Microsoft bedryfstelsels word reeds gebruik in studente rekenaargebruiksareas en sal gevolglik maklik kan integreer met bestaande tegnologie.

Met die wolkpos-projek betree Universiteit Stellenbosch `n nuwe fase van e-pos en hoewel personeel dieselfde pad gaan stap, is die grootste behoefte tans om eers alle studente se e-pos te skuif.

Die teikendatum vir die migrasie is Oktober. Ons sal studente egter deurlopend op hoogte hou van verwikkelinge deur middel van Twitter.

`n Webblad sal beskikbaar gestel word waar studente self kan migreer en die wolk-platform toets. Studente kan dus self kies wanneer hulle wil migreer. Diegene wat teen die Desember nog nie self migreer het nie, sal outomaties teen die einde van die jaar deur IT geskuif word na die Office 365.

Maar hoekom sukkel met min spasie as jy `n volle 50GB tot jou beskikking kan hê? Office 365 bied ook ander voordele soos stoorspasie op OneDrive en aanlyntoegang tot Microsoft toepassings soos Word, Excel, ens.

As jy meer wil weet oor die Wolkpos-projek, volg ons op Twitter by @ITStellenUni of #theitcloud.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.