Pearls Before Swine is `n Amerikaanse strokiesprent geskryf en geillustreer deur Stephan Pastis, voorheen `n prokureur van Kalifornië. Dit dokumenteer die daaglikse lewe van vier antropomorfiese diere, Pig, Rat, Zebra, en Goat, sowel as `n paar ander ondersteunende karakters. Volgens Pastis verteenwoordig elke karakter `n eienskap van sy eie persoonlikheid en blik op die wêreld.” (BRON: Wikipedia)
Algemeen
En nou vir iets snaaks
Vrydag, September 5th, 2014Wat is QR-kodes?
Vrydag, Augustus 22nd, 2014Twee weke gelede het ons julle vertel van SnapScan, `n slimfoon-applikasie wat deesdae algemeen gebruik word vir betalings. SnapScan gebruik QR-kodes om winkeleienaars se bankinligting op `n veilige wyse te stoor. Maar hoe werk hierdie onverstaanbare blokkies?
`n QR-kode of “Quick Response Code” is `n tipe matriks of twee-dimensionele strepieskode. So eintlik is dit maar net `n snaakse strepieskode. Die enigste verskil is dat `n QR-kode meer inligting kan hou as die gewone strepieskode. Dis ook tans een van die mees-gebruikte twee-dimensionele strepieskodes.
Dit was egter nie altyd die geval nie. Voor SnapScan en ander betaal-toepassing begin het om die QR-kode te populariseer, is dit dikwels gebruik vir bemarking in tydskrifte, op busse, besigheidkaartjies, ens. Dit het enige addisionele inligting bevat waarin gebruikers sou belangstel, byvoorbeeld ook `n skakel na `n webwerf, waarop al die ekstra inligting gelaai was.
Die poging om gebruikers van die drukmedia na digitaal te lok, was nie heeltemal suksesvol nie. Mense het verveeld en geirriteerd geraak met die nuttelose blokkies en minder en minder begin gebruik. Totdat betaaldienste onlangs hul populariteit verhoog het.
`n QR-kode bestaan uit `n versameling vierkantige kolletjies op `n vierkantige gids met `n wit agtergrond. Dit kan gelees word deur `n toestel met `n kamera met die regte leestoepassing geinstalleer – soos jou slimfoon. Die skandeer van die kodes met `n mobiele foon word na verwys as “mobile tagging”.
Nadat die beeld geskandeer is, word dit verwerk deur middel van die Reed-Solomon foutkorreksie metode om die beeld te interpreteer. Data word dan onttrek uit die patrone wat in die beeld opgetel word. Kodes kan gebruik word vir produkhandel, item-identifikasie, dokumentbestuur en algemene bemarking.
Denso Ware het in 1994 aanvanklik die QR-kode ontwerp om voertuie na te spoor gedurende die vervaardigingsproses and dis spesifiek gebruik in Japan se motor industrie. Vandag is dié blokkies te sien op treinkaartjies om China (al sedert 2011) en `n maatskappy in Seattle het begin om grafstene te vervaardig met QR-kodes (ja regtig, lees meer daaroor hier)
[BRONNE: www.memeburn.com & www.wikpedia.org]
Ontmoet die techies: Quinton Luiters
Vrydag, Augustus 22nd, 2014“IT Hulplyn, goeiemiddag!” Feitlik almal op kampus is al op dié manier begroet as hulle IT se Dienstoonbank geskakel het. Maar vir Quinton Luiters is dit al so `n outomatiese reaksie dat hy soms selfs die telefoon by die huis ook op dieselfde wyse antwoord – tot groot vermaak van sy vrou.
En as `n mens dit al vir 8 jaar doen is dit ook geen wonder nie. Benewens foonoproepe vang, is Quinton daarvoor verantwoordelik dat almal se e-posbusse en netwerkspasie werk soos dit moet. As Outlook jou kwaai aanspreek oor jou spasie, is hy die ou wat jou gaan red uit jou penarie.
Hy is gewoond aan vele balle in die lug hou. By die hulplyn moet jy veelvuldige take gelyktydig kan doen.
“Diegene wat sê mans kan nie “multitask” nie, moet kom kyk hoeveel dinge ons sewe ouens by die hulplyn gelyktydig doen!”
Quinton “multitask” al lank voordat hy by die hulplyn-miernes aangesluit het. Hy was destyds by UWK `n punteadministreerder en verantwoordelik vir, onder andere, die administrasie van tutors, tutoriale en ook eerste en tweedejaarspunte.
Maar hy het eers na UWK, toe hy hom by IT aangesluit het, dat daar `n geleentheid was om uiteindelik in die veld te werk waarin hy vier jaar studeer het. Met `n Nasionale Diploma in Informasietegnologie kon hy hom met die intrapslag goed van sy taak kwyt.
As hy egter nie destyds die kans gewaag en Informasietegnologie bo Siviele Ingenieurswese gekies het nie, was dit ons verlies en Ingenieurswese se wins.
In 1996 was Informasietegnologie nog `n nuutjie en is dit by PENTECH (nou CPUT) aangebied. Die internet, soos ons dit ken, was skaars twee jaar oud en nog maar `n lammetjie.
“Ek moes kies tussen iets onbekend en elke dag pendel stad toe of op my tuisdorp, Stellenbosch, Siviel swot”.
Vandag maak die diverse span mense saam met wie hy werk, dit vir hom ekstra lekker.
“Almal het hul eie maniertjies en snaaksighede, maar die positiewe gesindheid en behulpsaamheid maak werk ‘n plesier”.
As jy in `n stresvolle situasie gegooi word, kry jy vinnig maniere om die spanning te verlig, soos met `n grappie af en toe.
Druk tye sal daar altyd wees, maar Quiton se grootste satisfaksie is as hy iemand kan help en die waardering wat mense daarvoor wys. Om situasies te hanteer wat buite sy beheer is, is aansienlik moeiliker juis omdat `n mens so graag iemand wil help en jy kan nie.
Gelukkig is daar buite die werk dinge om die stresvlakke weer `n bietjie te stabiliseer. Reis en nuwe plekke ontdek is hoog op sy lysie.
“Soos hulle sê, “Life’s a journey, enjoy the ride!””
“`n Paar jaar gelede was ons gelukkig om Washington, Virginia te besoek vir my swaer se troue – ek was een van die strooijonkers. Ek sal definitief weer wil gaan as die Here ons spaar.”
Terug by die huis werk hy en Alicia, volgens Quinton, die eintlike wyn connoisseur, so af en toe `n wyntoertjie deur. Van hul gunstelingplase in die omgewing is DevonValley en JC le Roux op Stellenbosch en Haute Cabriere, Leopard’s Leap en Solms-Delta in Franschhoek.
En natuurlik, wie het dan nie tyd vir `n braaitjie, biertjie en goeie geselskap nie? As `n mens elke dag hard werk, moet jy hard speel ook, sê hy.
IT DIENSTOONBANK KONTAKDETAILS
Foon: +27 21 808 4367
E-pos: helpinfo@sun.ac.za (enquiries)
help@sun.ac.za (to log an error)
Skype: handle = ITStellenUni
Twitter: handle = ITStellenUni
Web: www.sun.ac.za/itselfhelp
Blog: www.sun.ac.za/infoteg
“I have Microsoft Exploder”
Vrydag, Augustus 22nd, 2014Ons het `n paar interessante oproepe opgespoor op http://www.callcentrehelper.com/. Gelukkig weet ons ons eie US-gebruikers is baie slimmer as hierdie klompie!
Tech Support: “I need you to right-click on the Open Desktop.”
Customer “Ok.”
Tech Support: “Did you get a pop-up menu?”
Customer: “No.”
Tech Support: “Ok. Right click again. Do you see a pop-up menu?”
Customer “No.”
Tech Support:: “Ok, sir. Can you tell me what you have done up until this
point?”
Customer: “Sure, you told me to write ‘click’ and I wrote ‘click’.”
Customer: “I received the software update you sent, but I am still getting the same error message.”
Tech Support:: “Did you install the update?”
Customer: “No. Oh, am I supposed to install it to get it to work?”
Customer:: “I’m having trouble installing Microsoft Word.”
Tech Support:: “Tell me what you’ve done.”
Customer: “I typed ‘A:SETUP’.”
Tech Support:: “Ma’am, remove the disk and tell me what it says.”
Customer:: “It says ‘[PC manufacturer] Restore and Recovery disk’.”
Tech Support:: “Insert the MS Word setup disk.”
Customer:: “What?”
Tech Support: “Did you buy MS word?”
Customer: “No…”
Customer:: “Do I need a computer to use your software?”
Tech Support:: ?!%#$
Tech Support:: “Ok, in the bottom left hand side of the screen, can you see the ‘OK’ button displayed?”
Customer: “Wow. How can you see my screen from there?”
Tech Support:: “Type ‘A:’ at the prompt.”
Customer:: “How do you spell that?”
Tech Support:: “What operating system are you running?”
Customer: “Pentium.”
Customer: “I have Microsoft Exploder.”
Customer: “How do I print my voicemail?”
Customer: “You’ve got to fix my computer. I urgently need to print document, but the computer won’t boot properly.”
Tech Support: “What does it say?”
Customer: “Something about an error and non-system disk.”
Tech Support: “Look at your machine. Is there a floppy inside?”
Customer: “No, but there’s a sticker saying there’s an Intel inside.”
Tech Support:: “What does the screen say now?”
Customer: “It says, ‘Hit ENTER when ready’.”
Tech Support:: “Well?”
Customer: “How do I know when it’s ready?”
Customer:My broadband is not working.
Tech Support: What exactly is happening when you try to access the internet.
Customer:#$%@..I have nothin to do with the internet. I SAID MY BROADBAND IS NOT WORKING.
R27 000 wat rondlê?
Vrydag, Augustus 22nd, 2014As jy iemand met `n bril op kampus sien rondloop, terwyl hy sporadies “Ok Glass!” sê, moenie te bekommerd raak nie. Hy is dalk `n techverslaafde wat Google Glass vir homself aangeskaf het.
Jy kan ook `n paar op Takealot koop – dis nou as jy R27 000 het om rond te gooi. Dié stukkie tegnologie is, soos die naam aandui, ontwikkel deur informasie-reus Google en reeds sedert April beskikbaar in die VSA. Aanvanklik is dit slegs beskikbaar gestel aan `n gekose groepie, maar in Mei kon die Amerikaanse publiek ook hul eie Google Glass bekom.
Volgens Google is Glass nie duur om te vervaardig nie, maar die hewige prys word veroorsaak deur ingenieurskostes en duur sagteware- en platformontwikkeling.
Sergey Brin, medestigter van Google, beweer dis ontwikkel sodat mense weer die wêreld in die oë kan kyk in plaas van kop-in-die-grond rondloop met `n foon in die hand of krom getrek voor `n rekenaarskerm.
“Because we ultimately questioned whether this is the ultimate future of how you want to connect to other people in your life, how you want to connect to information. Should it be by just walking around looking down? But that was the vision behind Glass,and that’s why we’ve created this form factor. ” (Sergey Brin, TEDtalks)
Google Glass is `n draagbare rekenaar vermom as `n gewone bril. Die enigste verskil is `n ekstra gemonteerde skermpie bo-aan die raam, vervaardig uit vloeibare kristal op silikon, terwyl dit ook LED gebruik. Dis so lig soos jou sonbril en is beskikbaar in verskeie style en kleure.
Ongelukkig vervang Google Glass nie jou foon nie, al het dit bykans al `n slimfoon se komponente. Jy het steeds `n versoenbare foon nodig om dit te kan gebruik.
Soos met Streetview, neig Google weereens na die kontroversiële kant – om sekuriteit- en privaatheidsredes. Bloot om Glass in die openbaar te gebruik opper `n paar etiese kwessies. Mag jy fotos en opnames van mense neem, terwyl hulle nie bewus is daarvan nie? Google het in die die lig hiervan riglyne uitgebring vir Glass-gebruikers. (lees meer daaroor)
Ons het nou reeds vasgestel dat dié slim brille reageer as jy daarmee praat, maar jy moet eers “OK Glass” sê voordat dit vir jou gaan luister. Daarna kan jy bevele afsneller soos “Take photo”, “Give directions”, ens. Vir nou lyk dit asof Glass Engelssprekend is, maar dalk sal dit eendag ook op Afrikaans en ander tale kan reageer.
Buiten stem-aktivering het jy ook die opsie om met die tik van jou vinger op `n raakskerm teen die kant funksies te aktiveer. Afhangende van die rigting waarin jy rol (“scroll”), wys dit die weer, nuus, vorige oproepe of fotos.
Die lys van funksies wat jy met Google Glass kan verrig lyk geweldig indrukwekkend – te veel om hier te lys. Maar gaan kyk gerus op die webwerf wat dié nuwigheid alles kan doen.
Nog Google Glass YouTube-videos.
[BRONNE: www.wikipedia.org, www.mashable.com, www.techradar.com, www.pcmag.com]