Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Algemeen

Memes neem oor

Vrydag, April 12th, 2013

Eers was dit die dansende baba en deesdae is die Harlem Shake die nuuste gier.  Hierdie verspotte en soms uitlokkende verskynsels word memes genoem en is net so lukraak en vermaaklik as hul lewendige flitsbende-weergawes. 

`n Meme is `n verskynsel versprei deur middel van die internet en kan in die vorm wees van `n prentjie (byvoorbeeld die Grumpy Cat en Lol-cats fotos), video, hutstekens, webwerwe of `n eenvoudige woord of frase. 

Die woord memes is ook oorspronklik geskep deur evolusie-bioloog Richard Dawkins in sy 1976 boek The Selfish Gene. Die woord “meme” is afgelei van die Grieks “mimema” (wat beteken “iets wat nageboots is”). Dawkins het memes beskryf as `n vorm van kulturele propaganda, `n wyse waarop mense sosiale herinneringe en kulturele idees aan mekaar oordra.  Memes versprei organies en net soos evolusionêre biologie, sluit hulle mutasies en dupliserings in. Hulle kan tipies daaraan herken word dat hulle vinnig ontwikkel in ander, nuwe weergawes. Internetgebruikers sien die oorspronklike, boots dit na, verander en versprei dit deur middel van die internet. 

Sprekende voorbeelde van internet memes, sluit 1996 se dansende baba, en waarskynlik een van die eerste bekende memes, in. Meer onlangs is die internet oorgeneem deur die berugte Harlem Shake wat selfs by `n Varsity Cup wedstryd sy kop uitgesteek het. 

Het jy al op interessante memes afgekom? Laat ons weet!

[SOURCE: www.howtogeek.com & www.about.com]

 

Gratis opgradering na Windows 7

Donderdag, Maart 28th, 2013

Sit jy nog opgeskeep met `n verouderde rekenaar met Windows XP? Ons het goeie nuus vir jou! Tot die 15 Desember sal IT jou rekenaar gratis opgradeer van Windows XP na Windows 7.

Al wat jy moet doen, is om `n e-pos te stuur na help@sun.ac.za om `n opgradering te versoek. Sluit asseblief die volgende inligting in:

–  die werkstasie se batenommer

–  kontaktelefoonnommer

–  gebounaam

–  kamernommer

‘n IT tegnikus sal u kontak sodra die werkstasie se spesifikasies nagegaan is. Ouer werkstasies mag komponente benodig en hierdie uitgawe sal vir  die departement se koste wees.

IT sal die volgende gratis doen:

  1. Opgradering van XP na Windows 7

Jy sal moet betaal vir:

  1. Rugsteun van jou werksverwante data.
  2. Rugsteun van persoonlike data soos musiek, video en flieks.
  3. Hardeware benodig vir die opgradering na Windows 7

Indien IT versoek word om data te rugsteun, sal die koste as volg wees:

Minder as 15GB – R950-00
Meer as 15GB – R1650-00

 

 

Windows 8 – regtig `n beter opsie?

Donderdag, Maart 28th, 2013

Windows 8 het in Oktober 2012 die lig gesien en op die oog af lyk die nuutste weergawe soos `n splinternuwe bedryfstelsel. As ons die nuwe Windows egter van nader bykyk, is daar nie soveel anders as met Windows 7 nie.

Met hierdie nuwe weergawe het Microsoft `n drastiese nuwe benadering tot raakskerm rekenaars en toestelle. Vir die eerste keer ooit spog `n Windows bedryfstelsel met `n applikasies-winkel soortgelyk aan die wat beskikbaar is vir Apple Mac en Android-toestelle.

 Die Windows 8 winkel verskaf gratis en gelisensieerde  aflaaibare sagteware en toepassings via die Microsoft portaal. Die bedryfstelsel word gekenmerk deur `n nuwe voorkoms met aktiewe teels op die tuisskerm. Hierdie teels kan geskakel word met jou kontakte, Facebook, die nuutste nuus, weervoorspellings en vele meer. 

Ten spyte van bogenoemde, is dit egter belangrik om in ag te neem dat die bedryfstelsel nog baie onderontwikkel is in terme van sekuriteit en kwesbaarheid. Windows 7 bied `n veelomvattender stabiele en veilige oplossing op die oomblik, hoofsaaklik omdat dit langer beskikbaar is en dit reeds deur al die groeipyne gegaan het. Dit het reeds verskeie opdaterings en sekuriteitsregstellings, sowel as `n “Service Pack”. Al hierdie opdaterings dra by tot `n meer sekure en stabiele bedyfstelsel.

Dit is om hierdie rede dat IT steeds Windows 7 kies as ondersteunde bedryfstelsel vir kampusgebruikers. Alle nuwe rekenaars word geinstalleer met Windows 7. Alle bestaande, werksverwante rekenaar of toestel sal of opgradeer word (ouer Windows XP rekenaars) of  laer gegradeer word (rekenaars reeds met Windows 8 op) na Windows 7 met “Service Pack” 1.

*** NS.

Die IT-span is reeds besig om Windows 8 deeglik te toets vir toekomstige gebruik op kampus. Dis `n lastige, tog noodsaaklike taak, om `n veilige en vertroulike omgewing vir al ons kollegas te skep. 

(INLIGTING VERSKAF DEUR TIAN PETERSEN)

 

 

Safecom vs Phonenet

Vrydag, Maart 8th, 2013

As dit kom by tegnologie staan Universiteit Stellenbosch aan die voorpunt en kan ons met trots se dat ons gereeld eerste is met nuwe verwikkelinge. Hoewel dit tot ons voordeel strek, beteken dit ook dat ons soms groot uitdagings teёkom. Die afgelope twee jaar  is  ‘n nuwe drukkerstelsel in werking gestel. Safecom hanteer tans reeds ‘n groot volume drukwerk op kampus en ten spyte van sporadiese probleme, hou dit tog ook voordele in vir gebruikers. 

Die grootste voordeel van die stelsel is dat sensitiewe of persoonlike dokumente nie sigbaar by ‘n drukker lê  totdat dit gaan haal word nie. Minder papier word vermors deurdat kollegas nie jou drukstuk per ongeluk tussen hulle dokumentasie neem en jy dit weer moet druk, of per ongeluk te veel kopieё  na die drukker stuur en nie kan kanselleer voor dit te laat is nie.

Met ‘n Safecom-drukker selekteer jy bloot die SecurePrint opsie op jou rekenaar, hou jou kaart op die kaartleser van die naaste drukker en kies Pull Print op die raakskerm. Jy kan jou drukstuk by enige Safecom drukker op kampus gaan optel.

Die drukkertou word outomaties op elke kampusrekenaar opgestel van die bediener kant af en dit is nie nodig om te wag dat ‘n IT tegnikus ‘n afspraak met jou maak vir die opstel van jou drukker indien jy ‘n nuwe rekenaar gekry het nie – dus kan jy dadelik jou werk begin druk wanneer die rekenaar in gebruik geneem word.

Aan die ander kant van die spektrum bestaan daar egter ouer tegnologie wat ‘n soortgelyke funksie vervul. En natuurlik soms verwarring veroorsaak.

Menige van julle sal waarskynlik die leser op die foto regs herken. Hierdie is ‘n voorbeeld van die kaartleser wat gebruik word vir drukkers en fotokopieermasjiene wat nog op die Phonenet-stelsel funskioneer, byvoorbeeld by die fotokopieersentrum in die Neelsie en JS Gericke Biblioteek.

Met die Phonenet-stelsel word elke personeellid en student op kampus se UT-nommer gekoppel aan ‘n persoonlike rekening. Departemente maak gebruik van departementele rekeninge wat aan kostepunte gekopppel word. Elke keer as die betrokke persoon sy kaart gebruik by ‘n kaartleser word daar kopieerkrediete van sy rekening afgetrek. 

Hierdie is die enigste stelsel wat nog van die magneetstrook op die personeelkaart gebruik maak. Ander stelsels op kampus maak reeds gebruik van die skyfie op die personeelkaart om krediete te lees. Phonenet moet mettertyd uitfasseer word aangesien opgradering nie moontlik is nie en tans word beoog om hierdie doelwit teen 2014 te bereik. Daar is op die oomblik ongeveer 117 masjiene is wat nog die verouderde kaartlesers gebruik. 

Meer oor Safecom drukkers op kampus

Meer oor Safecom SmartPrint

 

(Inligting verskaf deur Ronel Reynecke en Hendrik le Roux)

 

MS Project vir `n meer georganiseerde kantoor

Vrydag, Maart 8th, 2013

Bestaan `n groot gedeelte van jou dag daaruit om projekte te bestuur en te sorg dat alles glad verloop? Of jy nou amptelik `n projekbestuurder is of nou betrokke is by verskeie van jou afdeling se projekte, MS Project kan moontlik jou dagtaak vergemaklik.

Microsoft Project (MSP, MSOP of WinProj) is `n projekbestuur sagteware program, ontwikkel en verkoop deur Microsoft. Die sagteware is ontwerp om projekbestuurders te help om `n plan te ontwikkel, hulpbronne toe te ken aan take, vordering te volg, begrotings te bestuur en werksladings te analiseer.  (BRON: Wikipedia) Informasietegnologie bied gratis MS Project 2010 Vlak 1 en ook 2 kursusse aan. Maar jy sal gou moet spring!

Daar is nog net twee datums beskikbaar: 

Microsoft Project Level 1: Stellenbosch –  19 & 20 Maart

Microsoft Project Level 2: Stellenbosch – 8 & 9 April

 

KURSUSINLIGTING

MS Project Level 1

Getting started with Microsoft Project

Creating a Project Plan

Managing Tasks in a Project Plan

Managing Resources in a Project Plan

Finalising a project Plan

   
Ms Project Level 2

Exchanging Project Plan Data with Other Applications

Updating a Project Plan

Managing Project Costs

Reporting Project Data Visually

Reusing Project Plan Information

 

Stuur dus asseblief vir ons e-pos by itkursus@sun.ac.za indien jy enige verdere inligting benodig. Inskrywing  kan aanlyn gedoen word deur aan te teken op die personeelportaal en die SUN-e-HR opsie te selekteer. Sien ook IT se selfhelp-wiki vir meer besonderhede.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.