Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuus

(English) Phishing alert: Zoom invite

Donderdag, November 5th, 2020

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Jaarlikse Moodle-onderhoud

Woensdag, November 4th, 2020

Kursusse en gepaardegaande asseserings verloop dié jaar ietwat anders as voorheen. Gevolglik moes ons die normale November/Desember onderhoudnaweek aanpas. 

Die jaarlikse opgradering en onderhoudperiode vir Moodle sal dus plaasvind vanaf die 13de tot die 17de Desember. Dit sal die volgende insluit:

  1. SUNLearn
  2. StudentFeedback
  3. SUNOnline
  4. Learning Hub (USB)
  5. Schools (Telematic Schools Project)

Personeel en studente wat deur die onderhoud ontwrig mag word sal in kennis gestel word, maar die IT-span sal hulle bes probeer om onderbrekings tot `n minimum te beperk.

Vir dosente sal `n oorrol van 2020-modules voor die geskeduleerde onderhoud plaasvind. Die SLT ondersteuningspan sal komende week die details hieroor aan alle fakulteite kommunikeer. 

 

Safelinks beskerm jou teen strikroof

Donderdag, Oktober 8th, 2020

In Januarie 2020 het Informasietegnologie Safe Links,`n voorkomende sekuriteitshulpmiddel, geaktiveer om personeel en studente te beskerm teen strikroofaanvalle.

 Jy sou moontlik opgemerk het dat die skakels in jou e-posse die afgelope paar maande skielik `n ekstra lang adres wys as jy met die muis daaroor beweeg. Die skakel sal begin met https://eur03.safelinks.protection.outlook.com/ gevolg deur die webwerf se skakel. Hierdie proses is `n ekstra hekkie wat in ons Microsoft sekuriteitsfunksie gebou. Die funksionaliteit gaan na of `n webwerf as gevaarlik of hoë risiko gelys is en indien wel, keer dit dat jy op die skakel kliek. Indien jy op die skakel kliek sal die volgende waarskuwing verskyn. 

Definisie van Safe Links

“Safe Links is a feature in Office 365 Advanced Threat Protection that provides URL scanning and rewriting of inbound email messages in mail flow, and time-of-click verification of URLs and links in email messages and other locations. Safe Links scanning occurs in addition to the regular anti-spam and anti-malware protection in inbound email messages in Exchange Online Protection (EOP). Safe Links scanning can help protect your organisation from malicious links that are used in phishing and other attacks.”  

Met hierdie addisionele funksie word sommige van die strikroof- en sekuriteitsrisikos waarmee personeel en studente gekonfronteer word verminder. Dit beteken egter nie dat jy gerus moet wees wanneer jy e-posse oopmaak nie.

Maak seker jy weet wat die basiese tekens is van `n strikroof e-pos. Dink en lees voor jy op `n skakel kliek of `n aanhangsel kliek.
Informasietegnologie kan jou slegs beskerm tot op `n punt, die res is jou verantwoordelik. Dit is, in besonder, van toepassing terwyl ons tans van die huis af werk. 

 

 

Minder funksionaliteit vir Skype

Donderdag, Oktober 8th, 2020

In `n vorige artikel het ons verwys na Microsoft se besluit om na 15 Oktober nie meer TLS 1.0 en 1.1 te gebruik nie, maar eerder oor sal skakel na TLS 1.2 vir beter sekuriteit.

Na die uitfasering van TLS 1.0 en 1.1 op 15 Oktober sal Skype for Business nie meer jou Free/Busy status aandui nie en jy sal ook nie meer jou adresboek kan gebruik nie. 

Ons beveel aan dat jy Microsoft Teams gebruik vir kollaborasie en vir die gespreksfunksies wat voorheen beskikbaar was met Skype for Business.

Personeel wat die Skype for Business toepassing gebruik vir hulle kantoortelefoonnommer sal steeds Skype for Business moet gebruik om eksterne PSTN (Telkom en selfoonnommers) oproepe te maak en ontvang. Hierdie funksionaliteit sal binnekort egter ook na Teams geskuif word en gebruikers van die diens sal gekontak word wanneer dit gebeur.

Outlook Public folders nie meer beskikbaar nie

Woensdag, Oktober 7th, 2020

Sedert einde November verlede jaar is public folders nie meer ʼn beskikbare funksie vir personeel nie. Indien jy steeds public folders in Outlook gebruik om, byvoorbeeld vergaderings te skeduleer stel ons voor dat jy alternatiewe oplossings oorweeg. 

Wat is public folders?

Public folders bied ʼn maklike en effektiewe metode om inligting te versamel, organiseer en deel met kollegas binne die universiteit. 

Public folders is beskikbaar vir die volgende Outlook-weergawes:

  • Outlook op die web (voorheen bekend as die Outlook Web App) vir Exchange 2016 en later.

  • Ondersteunde weergawes  van Outlook vir die Exchange-bediener.

  • Outlook vir Mac 2016 en Outlook vir Mac vir Office 365.

Wat beteken dit vir my?

Hoewel public folders gereeld binne die universiteit gebruik is, is daar nou ander, meer effektiewe opsies wat dieselfde, of selfs beter, funksionaliteit bied. Indien jy steeds public folders aktief gebruik, sal die IT Dienstoonbank ʼn alternatiewe oplossing kan voorstel afhangende van wat jy benodig.

Wat is die alternatiewe oplossings?

Kamer- of lokaalbesprekings kan gefasiliteer word deur ʼn resource mailbox aan te vra. Om in groepe saam te werk met kollegas, is MS Teams ideaal en laat dit lede toe om saam te werk aan dokumente en tred te hou met kommunikasie binne die span.

[ARTIKEL DEUR BRADLEY VAN DE VENTER]

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.