Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

kuberstrikroof

Hoe om phishing-pogings te fnuik

Vrydag, Mei 24th, 2019

Ons word dikwels deur personeel en studente gevra wat hulle kan doen om phishing-aanvalle te stop en watter sagteware hulle kan installeer om te voorkom dat hulle slagoffers daarvan word. In sommige gevalle het studente selfs versoek dat hulle rekenaars reggemaak moet word en sagteware installeer moet word om phishing-aanvalle te blok.

Ongelukkig is dit ʼn onmoontlike versoek. Net soos jy ʼn gewone verkoue nie kan voorkom nie, maar eerder ʼn spesifieke lewensstyl  en voorkomende maatreëls kan toepas om die risiko vir besmetting te voorkom, geld dieselfde vir phishing-aanvalle. En net soos verkoues, gaan kubersekuriteitsrisiko’s altyd daar wees en sal hulle aanpas en verander. Solank daar mense is wat oningelig of nalatig is, sal phishing-aanvalle voortduur.

Die beste manier om jou risiko te verminder is om alle agterdogtige phishing-pogings aan te meld op die ICT Partner Portal. (Meer volledige inligting aan die einde van hierdie artikel) Intussen is hier `n paar basiese reëls wat jou kan help om phishing uit te ken:

  • Gebruik logika
    Moet nooit op skakels kliek, lêers aflaai or aanhangsels oopmaak in e-pos of sosiale media nie, selfs al lyk dit of dit van ʼn bekende, betroubare bron kom. 
  • Oppas vir kort skakels
    Kyk veral krities na kort skakels. Hou altyd die muis oor `n webskakel in ʼn e-pos (bekend as “hovering”) om te kyk of jy na die regte webwerf herlei word. 
  • Lyk die e-pos verdag?
    Lees dit weer. Baie phishing e-posse is voor-die-hand-liggend en sal onoortuigende en algemeen verdagte inhoud bevat.
  • Wees versigtig vir dreigemente en dringende spertye
    Dreigemente en dringendheid, veral komende van ʼn skynbaar egte maatskappye, gee gou die phishing-poging weg. Ignoreer die bangmaaktruuks en kontak eerder die maatskappy telefonies. 
  • Navigeer eerder veilig met HTTPS
    Gebruik altyd, waar moontlik `n veilige webwerf, aangedui deur https:// en `n “slot” ikoon in die blaaier se adresstaaf.
  • Moet nooit publieke, onsekure Wi-Fi vir banksake, aankope of invoer van persoonlike inligting gebruik nie – dit sluit Maties Wi-Fi in
    Gerief behoort nooit meer belangrik as veiligheid te wees nie. 

Wanneer jy ʼn phishing e-pos ontvang, rapporteer dit so gou as moontlik. Daarna kan jy dit dadelik uitvee. 

Jy kan dit rapporteer op die IT se versoekaantekenstelsel, die ICT Partner Portal.

  • Gaan na die ICT Partner Portal.
  • Vul jou inligting in en heg die e-pos as ʼn aanhangsel aan. Jou versoek sal outomaties aangeteken word en die nodige maatreëls sal getref word deur ons stelseladministrateurs om die res van die kampus te beskerm.

[ARTIKEL DEUR DAVID WILES]

(English) Protecting yourself from spearphishing attacks

Dinsdag, Maart 12th, 2019

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Phishing attempt: “SARS eFiling Letter notification”

Donderdag, Januarie 31st, 2019

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) SARS phishing scam

Woensdag, Januarie 30th, 2019

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Strikroof-poging vanaf sun e-posrekening

Woensdag, Desember 5th, 2018

Indien jy ʼn e-pos ontvang met die onderwerp “To All Faculty\Staff of Stellenbosch University” vanaf ʼn sun e-posadres wat vra dat jy op ʼn skakel kliek om jou webmail op te gradeer, moet asb. nie daarop reageer en jou inligting verskaf nie. (sien voorbeeld onderaan die plasing)

Hierdie is nie ʼn geldige e-pos van Informasietegnologie nie. Ons sal jou nooit versoek om jou inligting in te vul d.m.v. ʼn e-posskakel nie. Die verdagte e-pos word gestuur vanaf ʼn e-pos rekening wat gekompromitteer is en is ʼn slim, geteikende strikroofpoging.

Wanneer jy op skakels in strikroof e-posse kliek en jou inligting verskaf, sal dit deur misdadigers misbruik word om toegang te kry tot jou persoonlike inligting. Indien jy op die skakel in hierdie strikroof e-pos gekliek het, verander onmiddellik jou wagwoord op www.sun.ac.za/password.

Vir navrae, kontak die IT Dienstoonbank deur 808 4367 te skakel of ʼn versoek aan te meld. Meer inligting oor strikroof is beskikbaar op ons blog en Twitter.

Kliek vir groter grafika

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.