Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.
Navorsing
(English) REDCap launched for researchers
Dinsdag, Julie 31st, 2018Onderrig en leer met MATLAB en Simulink
Woensdag, Februarie 21st, 2018Wat kan jy vandag met MATLAB doen?
Universiteit Stellenbosch het ʼn Total Academic Headcount (TAH) lisensie vir MATLAB, Simulink en ander byvoegprodukte. Jy kan hierdie produkte gebruik vir onderrig, navorsing en leer. Die lisensie laat individue toe om die produkte op US batetoerusting, sowel as op persoonlike toestelle, te installeer.
Kry toegang tot die produkte: http://rga.sun.ac.za/firga/matlab.html
Goeie nuus vir MATLAB-aanhangers
Maandag, April 24th, 2017MATLAB en Simulink is fundamentele berekeningshulpmiddele wat wêreldwyd by opvoedkundige instellings gebruik word. Meer as 500 universiteite het reeds die TAH (Total Academic Headcount) webwerflisensie aangekoop en dit sluit een derde van die top 300 universiteite en 23 van die top 25 universiteite ter wêreld in.
MATLAB en Simulink is deesdae ʼn integrale deel van Universiteit Stellenbosch se kurrikulum. Die sagteware word gebruik in verskeie akademiese omgewings, byvoorbeeld Geografie, Agriwetenskap, Ekonomie, Biologie, Informatika, Sielkunde, Wiskunde, Statistiek en Fisika, sowel as die verskeie ingenieursvakrigtings. Die universiteit verskaf werksareas (labs) met 8 verskillende gelisensieerde klaskamerbedieners wat deur studente gebruik word op universiteitsrekenaars. Toegang vir navorsers word verskaf deur ʼn aantal installasies: 6 netwerkbedieners verskaf gelyktydig toegang aan 35 gebruikers, 8 groeplisensies aan 79 gebruikers en 35 individuele lisensies.
Studente wat MATLAB en Simulink gebruik, vestig ʼn kennisgrondslag wat hulle deur die res van hulle universiteitsjare kan gebruik en dit berei hulle voor op loopbane in ingenieurswese, sowel as biologie, wetenskap, finansies en wiskunde. Fakulteite gebruik MATLAB en Simulink om studente te betrek by kursusmateriaal en navorsing deur ʼn buigbare omgewing te bied vir onderrig, toepassing van algoritmes en modelle en data-ondersoekings. Studente kan teorie toepas op probleme in die regte wêreld binne ʼn wye omvang van student-georienteerde navorsing – in lyn met die groter neiging na aktiewe leer, byvoorbeeld PBL en CDIO.
Universiteit Stellenbosch het ʼn Total Academic Headcount (TAH) lisensie vir MATLAB, Simulink en addisionele produkte. Fakulteite, navorsers en studente kan hierdie produkte gebruik vir onderrig, navorsing en leer. Met hierdie lisensie kan individue produkte op universiteitstoerusting, sowel as persoonlike toerusting, installeer.
Om ʼn individuele lisensie vir skootrekenaars en tuisrekenaars te bekom:
Opsie 1 – Op kampus aflaaibare lêer. Kliek hier vir instruksies.
Opsie 2 – Weg-van-kampus aflaaibare lêer op die Mathworks webwerf. Kliek hier vir instruksies.
Leer meer oor die vermoëns en gebruik van die sagteware
Gebruik die TAH Hulpbronne vir tutoriale, webseminare, leermateriaal, boeke en veel meer om jou te help met die gebruik van MATLAB en Simulink. Wanneer jy die bronne op so ʼn manier raadpleeg, hoef jy nie registrasievorms in te vul nie.
Neem kennis dat jou MathWorks-rekening jou ook gratis toegang gee tot aanlyn opleiding met MATLAB Onramp, sowel as toegang tot aanlyn werkstukke met behulp van Cody Coursework.
Bemagtig jouself met MathWorks hulpbronne
Besoek die MathWorks for Education webwerf by mathworks.com/academia
Besoek die MathWorks Academy webwerf vir gratis aanlynkursusse by matlabacademy.mathworks.com
MATLAB vir mobiele toestelle
Verbind aan MATLAB vanaf jou iPhone, iPad, of Android-toestel: mathworks.com/products/matlab-mobile.html
Hulp nodig?
E-pos: ithub@sun.ac.za
[Inligting verskaf deur Kirsten Smith, Bestuurder: Toepassingsingenieurswese by MATLAB]
Belangrike nuus vir ORCID-gebruikers
Woensdag, April 12th, 2017Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) het op Vrydag 7 April ‘n verklaring uitgereik oor die vereiste om ‘n ORCID iD te gebruik in alle befondsings- en graderingsaansoeke. Die NNS se lidmaatskap tot ORCID verseker dat navorsers en hul instellings voordeel sal trek uit toegang en integrasie met die ORCID-netwerk. Hulle is in die proses om alle aansoek- en befondsingsbestuursprosesse en -sisteme te integreer met ORCID. Hulle oorweeg dit ook om met ORCID te integreer om die oplaai van navorsingsuitsette na die navorsersprofiele en navorsingsverslae te vergemaklik. Lees die NNS ORCID verklaring hier.
Wat is ORCID?
Die netwerk bestaan uit 16-syfer identifikasienommers wat skrywers van wetenskaplike navorsingspublikasies op ’n unieke manier van mekaar onderskei (bv. http://orcid.org/0000-0001-5109-3700). Sodoende word verseker dat skrywers vir die duur van hul loopbane, en daarna, met hul aanlyn- navorsingsaktiwiteite verbind word.
ORCID en Universiteit Stellenbosch
Soos jy reeds weet, is Universiteit Stellenbosch vanaf 2015 ’n lid van die Open Researcher and Contributor ID (ORCID) netwerk. Universiteit Stellenbosch nooi jou uit om jou ORCID iD met jou universiteitsrekord te skakel ten einde die integrasie van ORCID iDs oor stelsels heen op ’n beheerde manier moontlik te maak.
Terwyl dit nou verpligtend is om ‘n ORCID iD te hê wanneer jy aansoek doen vir NNS-befondsing of -evaluerings, wil ons graag vra dat jy jou ORCID iD met die Universiteit Stellenbosch integrasie koppel wanneer jy ‘n iD skep. Gebruik asseblief die skakel hieronder om dit te doen. Indien jy reeds oor ‘n ORCID iD beskik, teken asseblief op jou rekening aan en skakel jou ORCID iD met jou universiteitsrekord.
HULP
Lees asseblief die ORCID biblioteekgids indien jy meer inligting benodig, byvoorbeeld oor die voordele van die gebruik van ORCID en die voordele om jou iD met jou Universiteit Stellenbosch identiteit te koppel.
Navrae: Kontak jou Fakulteitsbibliotekaris of Marié Roux, tel.: 021-8082623.
Bewaring via hommeltuig
Donderdag, Oktober 27th, 2016Jy het al die videos op YouTube gesien – uitgestrekte, asemrowende lugskote van areas wat feitlik ontoeganklik is vir die meeste mense. Rhino Africa het Woensdag`n video vrygestel wat met behulp van `n hommeltuig verfilm is. Die video wys die skoonheid van Afrika en die resultate is asemrowend.
Deesdae kan ons toegang kry tot feitlik enige afgeleë area met behulp van`n hommeltuig of UAV (unmanned aerial vehicle) met afstandbeheer, sagteware of ʼn GPS-stelsel. Hierdie vlieënde robotte word “hommeltuie” genoem omdat hulle klink soos die eentonige gedreun van ʼn manlike by.
Aanvanklik is hommeltuie nie net as blote tydverdryf gebruik nie. Die eerste toestelle is aangewend deur die weermag, maar vandag is siviele hommeltuie meer algemeen as hul militêre eweknieë. Na beraming is daar teen 2015 reeds meer as ʼn miljoen verkoop en word hulle gebruik vir kommersiële, wetenskaplike, ontspannings- en landboudoeleindes, sowel as ander funksies soos polisiëring, toesig, lugfotografie en natuurbewaring.
Die idee om UAV’s te gebruik vir natuurbewaring is in Januarie 2011 deur Lian Pin Koh, ʼn natuurbewaringsekoloog en Serge Wich, ʼn primaatbioloog bedink. Dit was egter gou duidelik dat die beskikbare UAV’s te duur was vir ontwikkelende lande waar hulle die nodigste was. Lian en Serge se enigste oplossing was om hul eie, meer bekostigbare weergawe te bou. Die prototipe se koste het uitgewerk op minder as $2,000.
ʼn Jaar later is die prototipe getoets in Noord-Sumatra, Indonesië waar dit meer as 30 ritte onderneem het en duisende hoë-resolusie lugfoto’s en videomateriaal van woude en die natuurlewe versamel het. (https://conservationdrones.org/our-story/)
Na mate Lian en Serge se navorsing bekend geraak het, is die term “Conservation Drone” gebore en teen 2012 is UAV’s ook deur die International Anti-Poaching Foundation.
(https://www.youtube.com/watch?v=FIrgjCNcDBI)
Hommeltuie word reeds wêreldwyd vir natuurbewaring gebruik. Die WWF (World Wide Fund for Nature) het dit in 2012 in die Chitwan Nasionale Park in Nepal, begin gebruik om renosters, tiere en olifante te monitor, maar ook om te dien as ʼn afskrikmiddel vir stropery. In dieselfde jaar Google $5 vir die WWF gegee om hommeltuie aan te koop om gedeeltes van Afrika en Asië te monitor en stropery te bekamp.
Ook in Suid-Afrika is UAV’s suksesvol in die Kruger Nasionale Park teen renosterstropers gebruik nadat Denel Dynamics, ʼn vervaardiger van die tegnologie, dit aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad geleen het vir natuurbewaring.
In Maart 2014 het die Howard G. Buffett Stigting aangekondig dat hulle 255 miljoen rand skenk vir ʼn driejaar inisiatief, in samewerking met die Natuurbewaringstrust, Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParks) en ʼn Suid-Afrikaanse openbare winsorganisasie (PBO). Hierdie inisiatief se doel is om stropery in die Kruger Nasionale Park te beveg en nuwe anti-stropery tegnologie te toets. SANParke toets tans die hommeltuie en vanjaar het die Stigting ʼn verdere 37.7 miljoen gegee vir die aankoop van ʼn helikopter vir gebruik teen stropery bedrywighede. (https://www.savetherhino.org)
In Namibië is hierdie tegnologie deur die Sea Shepherd Conservation Society gebruik om die jaarlikse uitdunproses van robbe te monitor en ook om rensosterstropery in die Etosha Nasionale Park te bekamp.
Ander gebruike vir UAV’s sluit in: opnames van gewasse, lugfotografie, reddingspogings, inspeksie van kraglyne en pypleidings, tel van wild, aflewering van mediese voorrade in andersins ontoeganklik gebiede, die opsporing van persone wat onwettige jag, verkenningsoperasies, koöperatiewe omgewings monitor, grenspatrollie-missies, beskerming van konvooie, bosbrandbeheer, toesig, humanitêre hulp, landmeting, vuur en ongelukke ondersoek, meting van grondverskuiwings, opsporing van onwettige stortingsterreine, die konstruksiebedryf en ook skare beheer.
[SOURCES: https://en.wikipedia.org/wiki/Unmanned_aerial_vehicle, https://conservationdrones.org/our-story/, https://en.wikipedia.org/wiki/Conservation_Drones, https://www.savetherhino.org/rhino_info/thorny_issues/the_use_of_drones_in_rhino_conservation]